Missionêre- vs Missionale Spiritualiteit

Ons gemeente het verlede jaar die Gestuurde Gemeente reis begin. Ons is nog in die luisterseisoen. Ek het egter ‘n behoefte om vir myself duidelikheid te kry oor die terminologie. Hiermee bedoel ek dan in besonder hoe ek die twee woorde “missionêr” en “missionaal” wil gebruik. Die missionale teologie het my bewus gemaak van die feit dat ek juis nie na ‘n ver plek hoef te gaan om ‘n gestuurde te wees nie. In die verlede het sendelinge het my dikwels (sonder dat dit altyd hulle bedoeling was) na ‘n minderwaardige Christen laat voel omdat ek nie na ver lande gaan nie.

Ek dink daar is verwarring oor die gebruik van die woorde “missionêr” en “missionaal”. Kom ek verduidelik die verwarring so:

My goeie vrou het my bekend gestel aan die wildtuin. Ek moes baie vinnig by haar die verskillende diere leer ken. Twee van die diere waaroor ek dikwels in die verleentheid was, was die luiperd en die jagluiperd. Die jagluiperd is die skaars een. Elke keer as ek ‘n kat met kolle sien, was ek oortuig daarvan dat dit ‘n jagluiperd is. Tot op ‘n stadium wat sy vir my sê: Alles wat kolle het, is nie ‘n jagluiperd nie. Die volgende stap was toe om eers vir my op foto’s in die boeke van die wildtuin te wys wat die verskil is. Later sou ek ontdek dat dit selfs moontlik is ‘n wildekat met ‘n luiperd of jagluiperd te verwar. Alle katagtige diere met kolle is nie jagluiperds nie. Vanselfsprekend natuurlik het alle wildekatte ook nie kolle nie.

Alles wat missionaal is, is nie noodwendig missionêr nie en alles wat missionêr is, is nie noodwendig missionaal nie. Vir my is missionaal die meer omvattende begrip waarvan missionêr deel kan wees. Ek sou graag wou hê dat ons as reisgenote in ons geloofsgemeenskap hieroor dieselfde dink. (Ek skryf dus eintlik hierdie “post” om my eie kop agtermekaar te kry.)

Terwyl ek lees met die oog op Sondagaand se gesprek met tieners oor hoe mens die Here se stem hoor, lees ek toe hierdie artikel van Nelus Niemandt raak.

Hy skryf eerstens oor “missionêr”:

Missionary spirituality has been defined by the late Jacques Matthey (2010:247) as the spirituality of people emphasizing the need to cross frontiers to preach the gospel to those who do not yet know it.

‘n Bietjie verder skryf hy oor “missionaal”:

… missional spirituality is a spirituality that forms and feeds mission. This must be put in the broader understanding of Helland and Hjalmarson (2011:loc 284), when they say that missional spirituality is an attentive and active engagement of embodied love for God and neighbour expressed from the inside out. 

‘n Missionale spiritualiteit vorm mense vir God se missie. Dit lyk vir my nogal na ‘n sinvolle onderskeiding. In die eerste geval (missionêr) lyk dit vir my asof gestuurdheid eers gebeur wanneer ek grense oorsteek na mense wat nog nie die evangelie gehoor het nie. In die tweede geval (missionaal) lyk dit vir my asof gestuurdheid behels dat die liefde van God opnuut gestalte kry deur die lewe van gelowiges waar hulle ook al is.

Natuurlik kan ons nie sonder meer sê dat alles wat ons doen missionaal is nie. Dan gaan niks op die ou end missionaal wees nie. Ek dink dit is nader aan die waarheid om te sê dat alles wat ons doen missionaal behoort te wees. Elke ding wat ons as geloofsgemeenskap doen, moet ondersoek word ten einde vas te stel hoe en of hierdie aktiwiteit in pas by dit waarmee God besig is.

God is op ‘n missie in hierdie wêreld en geloofsgemeenskappe en individue word deur ‘n proses van geloofsonderskeiding deel van God se missie – dit waarmee God reeds in hierdie wêreld besig is. Missionaal kan niks anders wees as om deel te wees van God se missie nie.

12 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

12 responses to “Missionêre- vs Missionale Spiritualiteit

  1. Werner Olivier

    Attie,ek verstaan missionaal en missioner soos volg:Die missie is gewoonlik die doelstellings of oogmerke van ‘n instelling,bedoelende dat die doelstellings die sleutelprestasie areas is waarbinne die doelwitte opgetrek word om bereik te word.Missioner of gestuurde is dan na mening ‘n doelstelling of sleutelprestasiearea binne die missionale missie van ‘n instelling bv Die Kerk waarbinne doelwitte opgetrek kan word om bereik te word.Hierdie beskrywing is vanuit ‘n bestuursoogpunt.’n Instelling het dan ook gewoonlik meer as een doelstelling of sleutelprestasieareas
    Ek hoop dit maak sin.
    Groetnis.

    • Werner, die missionêr vs missionale gesprek in die kerk het juis in die laaste dertig jaar geheel en al wegbeweeg van wat vanuit ‘n bestuursoogpunt met missie en visie bedoel word. Met missie word eerder iets soos sending bedoel, maar dan ook weer nie die sending wat ons in die kerk geken het as iets wat die kerk doen wanneer mense na ver plekke gestuur word nie. Die kerk het net een missie of sending en dit is God se missie of sending. God is op ‘n missie/sending in die wêreld en die kerk word deel van die missie/sending deur ‘n missionale leefstyl of spiritualiteit. Van hierdie missionale leefstyl is missionêr (Gaan na ver plekke) net ‘n klein deeltjie.

  2. Barend van der Merwe

    Interessante plasing dankie vir dit.

  3. Christelle

    Nee jong Attie ek weet nie lyk meer vir my of die mens uit is op n missie omdat ons eintlik niks weet van GOD se visie .

    • Christelle, dalk kan jy sê hoe jy dink oor God se visie. Jy sal nogal verbaas wees oor hoe hierdie missie waarop God is Bybels verantwoord word.

      • Christelle

        Mens se geloofslewe moet nie so gekompliseerd raak dat jy die essensie van GOD se wil en ons met sy skepping daarin moet kan uitgeleef. Gelowige mense loop lig deur die lewe.

        • Christelle, wat is dan volgens jou die essensie van God se wil? Presies wat beteken dit om lig deur die lewe te loop?

        • Christelle, wat sien jy as die essensie van God se wil? Presies wat beteken dit om lig deur die lewe te loop? Kompliseer jou opmerking nie juis die situasie nie?

        • Christelle

          Heilige Gees is die essensie . Wanneer jy jou lewe toewy aan GOD is jou liggaam en gees gereinig jy is gewas en SY lig skyn in jou . Gemoed is lig .

  4. Christelle, hoekom wy ‘n mens jou lewe aan God toe? Hoekom het ons die Heilige Gees so dringend nodig?

    • Christelle

      Daar is drie wat getuig in die hemel : die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een ; en daar is drie wat getuig op die aarde : die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. Die Vader is die Skepper deur Sy krag, die Seun is ons Saligmaker en Verlosser deur Sy bloed en die Heilige Gees is ons Heiligmaker wat in ons harte woon.

      • Christelle, wat jy sê is waar want dit is feiflik ‘n woordelikse aanhaling van die Bybel. Maar hoe is kinder gekompliseerd as om te probeer onderskei tussen missionêr en missionaal?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s