Preek Sondag 14 Desember 2014: Tussen julle is daar Iemand… (Joh 1:26)

Begin

Die evangelie van Johannes is geskryf om en by 90 n.C. Van die vier evangelies is Johannes die een wat laaste geskryf is. Johannes is anders as die ander drie evangelies. Terwyl die ander drie evangelies baie inhoud met mekaar deel, skryf Johannes sy evangelie op so ʼn manier dat dit duidelik is dat hy nie baie op hulle staat gemaak het nie. Johannes vertel byvoorbeeld van die geboorte van Jesus nie.

Die evangelie begin by die begin, die skepping. Johannes wil in besonder aantoon dat die hoofkarakter waaroor die evangelie gaan, reg in die begin reeds bestaan het. Alles het deur Hom, die Een oor wie die evangelie gaan, tot stand gekom. (1:2)

Geboorte van ʼn nuwe wêreldorde

Tog is hier ʼn geboorteverhaal in hierdie evangelie. Hierdie geboorteverhaal vertel van die bedoeling agter die geboorte van die Messias. Die Messias se geboorte is ook in besonder die geboorte van ʼn nuwe wêreldorde. Lees voort “Preek Sondag 14 Desember 2014: Tussen julle is daar Iemand… (Joh 1:26)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑