Gospels of Sin Mangement

ʼn Paar mans van ons gemeente bid elke Saterdagoggend saam. Vanoggend het die man wat die geleenthede koördineer uit Esegiël 33 gelees. Op die ou end het ons uitgekom by die hele gedagte van die kerk wat met tye die evangelie bietjie verdraai en in die proses verskraal of gereduseer het. Ek maak toe die opmerking dat ons groot geword het in ʼn kultuur van die “Gospel of Sin Management.” Ek het toe onderneem om iets daaroor te skryf.

Dallas Willard is die persoon wat die begrip op die kerk se agenda geplaas het. In sy boek “The Dïvine Conspiracy.” verwys hy die eerste keer (so ver my kennis strek) na die begrip. Daar beskryf hy Christene wat aan hierdie evangelie vashou soos volg:

“The gospel of sin management produces vampire Christians who want Jesus for his blood and little else.”

As gevolg van die klem wat geplaas is op individualisme en ʼn selfgesentreerde gemeenskap het die kerk die evangelie verskraal tot iets wat my net help om die sonde in my lewe op so ‘n manier te bestuur dat ek by God uit die moeilikheid uit bly.

Hierdie tendens het ook geblyk uit ‘n vraag wat ‘n tiener vir my gevra het. Ek het verlede Sondagaand die tieners in volgende jaar se belydenisgroep ontmoet. Ek het onder andere vir hulle gevra om vir my te sê oor watter vrae hulle graag deur die loop van die jaar sou wou gesels. Een van hulle vra toe hierdie vraag: “Ek sou graag wou weet wanneer het ek te veel sonde gedoen.” In “The Gospels of Sin Management” gaan dit grotendeels oor dit wat die bloed van Jesus vir my kan doen. Volgens hierdie verskraalde evangelie gaan dit oor die vergifnis van sonde en die sekerheid dat ek die ewige lewe het en nie hel toe sal gaan nie.

Die woordgebruik is dalk nuut, maar die saak is nie nuut nie. Ek hoor nogal in Willard se beredenering ook wat Dietrich Bonhoeffer sê. Hy noem dit net goedkoop genade. In sy boek “The Cost of Discipleship.” beskryf hy goedkoop genade so:

“cheap grace is the preaching of forgiveness without requiring repentance, baptism without church discipline.Communion without confession. Cheap grace is grace without discipleship, grace without the cross, grace without Jesus Christ.”

Teenoor goedkoop genade staan duur genade. Genade wat ‘n prys kos. Behalwe natuurlik dat God ‘n duur prys betaal het. Hy beskryf duur genade dan soos volg:

“costly grace confronts us as a gracious call to follow Jesus, it comes as a word of forgiveness to the broken spirit and the contrite heart. It is costly because it compels a man to submit to the yoke of Christ and follow him; it is grace because Jesus says: “My yoke is easy and my burden is light.”

Scot McKnight verwys in sy boek “The King Jesus Gospel” na dieselfde beginsel as die evangelie van verlossing. Hy beskryf dit so:

“When we … see the word gospel, our instinct is to think (personal) salvation.”

Die interessante is dat die titel van die hoofstuk in Dallas Willard se boek is “The Gospels of Sin Management.” Met ander woorde hier is sprake van twee verskralings (reduserings).

Die tweede verskraling het te make met die verkondiging van ʼn evangelie wat net daarop ingestel is om die verkeerdhede van hierdie wêreld reg te stel. Binne die raamwerk van hierdie verskraalde evangelie is alle goeie werk koninkrykswerk.

Ons het dus te make met ʼn verskraling van die evangelie waar dit net gaan oor verlossing en geloofsekerheid en die wete dat ek die ewige lewe het en nie hel toe gaan nie. Al hierdie dinge is deel van die evangelie, maar dit is nie dié evangelie.

Aan die ander kant het ons die verskraling waar dit net gaan oor goeie werke en aktivisme en goeie dade of werke waaroor mense besluit dat dit die regte goeie dade of werke is en waar die wat nie dieselfde as ek dink of voel of doen nie, dan nie deel vorm van die evangelieverkondiging nie. Waar die eerste verskraling ons oproep om die regte dinge te glo selfs al sou dit nie gepaard gaan met die doen van die regte dinge nie, roep die tweede verskraling ons op om die regte dinge te doen selfs al sou ons dan nie die regte dinge glo nie.

Iewers moet ons dan tog by die ware evangelie van Jesus Christus uitkom. Die evangelie van Jesus Christus is ʼn evangelie van dissipelskap. Die evangelie van Jesus Christus is ʼn oproep tot ʼn verhouding met die Vader van ons Here Jesus Christus. ʼn Verhouding waarbinne ons deur die werk van die Heilige Gees gevorm word tot mense wat aan Jesus gelykvormig lewe. Hierdie volgelinge van Jesus wat dan ‘n Jesusgelykvormige lewe leef, vorm deel van God se plan met hierdie skepping. God se plan is om die ganse skepping te herskep en nuut te maak. Sodat voor Hom elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Jesus die Here is.

1 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

One response to “Gospels of Sin Mangement

  1. Christelle

    Ek sien drie soorte mense aan die kruise hang: Die middelkruis is al die mense wie God se genade ontvang het , regs die mense wat nie geglo het nie maar wat tot insig gekom het, hulle siele is ook gered en links die siele wat als gesien het en nie die kans wou aangryp om gered te word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s