LYDENSTYD (LENT) IS VERBY

Ek het op Woensdag 4 Maart 2014 (Aswoensdag) hier aangedui dat ek vir die 4o dae van Lydenstyd (Sondae tel nie) my daarvan gaan weerhou om op Facebook en Twitter te lees of kommentaar te lewer. Die tyd word wêreldwyd gesien as ‘n vastyd en dit was my manier van vas. ‘n Vriend van my het vir hierdie tyd niks koffie gedrink nie. Ek het toe ook binne ‘n week besluit dat ek bietjie gaan wegbly van die koffietafel af. Terwyl ek dus die sosiale media gelos het, het ek besluit om die in dieselfde tyd teen 4 hoofstukke per dag die Nuwe Testament deur te lees. Ek het altwee gedoen en met altwee enduit volgehou.

Nou sou mense kon vra, wat is die waarde daarvan. Eerstens het ek vir hierdie 46 dae geleer dat alhoewel dit nogal lekker is om op Facebook en Twitter in kontak te wees met feitlik die hele wêreld as jy wil, kom die wêreld ook nie juis tot stilstand as jy nie vandag kyk wat op facebook gebeur en wat wie sê op twitter nie. Maar die deurlees van die Nuwe Testament was vir my iets besonders. In hierdie 46 dae het ek opnuut bewus geraak van die groter verhaal en hoe veral Jesus in die groter verhaal van God inpas. Ek was opnuut weer onder die indruk van hoe elkeen van die evangeliste dieselfde verhaal op sy eie manier vertel. Op sekere dae het ek gesit en in een sitting ‘n hele brief of boek deurgelees. Ander kere het ek in twee of drie dae ‘n hele brief of  boek deurgelees.  Dit was vir my goed om in in hierdie tyd die een ding van hierdie wêreld te los en ‘n ander aan te gryp. Sedertdien het ek nog nie regtig weer teruggegaan na die sosiale media toe nie en is hierdie my eerste inskrywing op die blog. Iets wou steeds bly vashou aan dit wat ek in die tyd beleef het.

Wat het ek gemis? Sou ek iets anders doen? Ek het aksie gemis. Ek preek eerskomende Sondag uit Handelinge 2:37-42. Ek lees hoe die skare vir Petrus en die ander apostels vra: “Wat moet ons doen, broers?” (Hd 2:37) Ek sou behalwe vir die lees van die Bybel iets wou doen ook. Ek dink nie ek sal volgende jaar met lydenstyd weer nodig hê om die sosiale media te los nie. Ek dink nie dit sal ooit weer dieselfde rol in my lewe speel as wat dit voor die tyd gespeel het nie. Maar, ek dink volgende jaar sal ek bietjie tyd prysgee en iets doen vir mense wat nood het.

1 Kommentaar

Filed under Lydenstyd

One response to “LYDENSTYD (LENT) IS VERBY

  1. Christelle van der Walt

    Daar is seker niks so lekker en bevredigend soos om jou tyd so te gebruik dat dit jou lewe en die mense om jou verryk nie. Wees jaloers daarop om die tyd wat jy gebruik aan jou liggaam en gees te wei sodat die Heilige Gees jou van binne en buite kan reinig. Dit voel amper soos om gesalf te word. Wonderlik Attie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s