DAG 2 – 7 DAE GEBEDSGIDS

Sondag 16 Februarie begin ons 40 Dae van Saamwees. Hierdie veldtog slauit baie mooi aan by ons gemeente se visie en missie:

Ons is ‘n geloofsfamilie wat God -drie-Enige voluit dien, deur Homm in alles te verheerlik, geestelik te groei, vir mekaar om te gee en ‘n verskil te maak in die wêreld.

Logo Gebed

Ons berei hierdie week voor vir ‘n ontmoeting met die Here. Die Bybel het verskeie verhale van ontmoetings met God. Nie twee van die verhale is dieselfde nie en nie twee se eindresultaat is dieselfde nie. Ons gaan nie elke dag by die kerk bymekaarkom nie, maar ons gaan saam bid. 

“Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. ” Handelinge 2:46-47

Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek… Lees voort “DAG 2 – 7 DAE GEBEDSGIDS”

Dag 1 – 7 Dae Gebedsgids

Eerskomende Sondag (16 Februarie) begin ons gemeente met die 40 Dae van Saamwees veldtog. Ons gemeente gebruik hierdie week as ‘n week van voorbereiding. Ons gaan onsself in besonder deur gebed voorberei vir die veldtog. Daar sal elke dag hier die sake verskyn waarvoor ons almal saam bid. Saterdag-oggend (06:30-07:30) het ‘n gesamentlike gebedsbyeenkoms en nagmaal met die oog op die 40 Dae van Saamwees.

Logo Gebed

Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek… Lees voort “Dag 1 – 7 Dae Gebedsgids”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑