GODSDIENS -PERSOONLIK MAAR NIE PRIVAAT NIE – 40 Dae van Saamwees (3)

Ek het Maandag iets geskryf oor die TYDSGEES en gister oor die EFFEK VAN DIE TYDSGEES OP DIE KERK. Individualisme is nie goed vir die kerk nie. Individualisme is nie goed vir die mens nie. Indvidualisme isoleer mense van mense. Individualisme is nie goed vir die skepping nie. Individualisme skep ‘n private wêreld waar niemand toegelaat word nie. Maar beteken dit dat godsdiens en spiritualiteit nie ‘n persoonlike karakter het nie? Beteken dit dat die individu nie vir God saak maak nie?

Die teendeel is natuurlik waar. Die indidivu maak vir God saak. Ek dink nou maar aan  Jesaja 43:1 wat sê dat God ons elkeen gevorm het (Sien ook Psalm 138) en dat Hy ons by die naam roep. Ek dink ook aan daardie mooi gedeelte in Matteus 6:4-8 waar Jesus ons aanmoedig om in ons binnekamer in te gaan en daar te bid. Ek dink aan Jesus wat in Johannes 10 sê dat Hy sy skape by die naam roep. Verhouding met God is persoonlik. Baie persoonlik.

Persoonlik maar nie privaat nie. Die teks in Jesaja verwys na Jakob. Wanneer jy Jakob lees dan moet jy Israel dink. Volk van God. Die teks in Matteus word gevolg deur die wonderlike dissipelskap gebed wat duidelik maak dat hierdie gebed ook nie ‘n individuele ervaring en fokus het nie. Die teks in Johannes het te make met Jesus se metafoor van die Goeie Herder. Hy ken dalk elke skaap by die naam, maar hulle is deel van die kuddde wat Hy as Herder versorg.

Godsdiens is persoonlik, maar nie privaat nie.

Ek het gister verwys na die teks in Hebreërs 10:25.Ons moet mekaar aanmoedig om nie weg te bly van die samekomste van die gemeente nie. Hierdie teks word egter voorafgegaan deur ‘n hele paar opmerkings wat as baie persoonlik tussen my en God verstaan kan word.

  • Ek en jy het vrye toegang tot die heiligdom. (vers 19)
  • Ek en jy moet tot God nader met ‘n opregte hart en volle geloofsekerheid. (Vers 22)
  • Elkeen van ons se harte is gereinig van ‘n skuldige gewete. (Vers 22)
  • Elkeen van ons hou afsonderlik vas aan die hoop wat ons bely. (Vers 23)

Hierdie is dinge wat ek doen en wat op my van toepassing is. Maar hierdie persoonlike waarhede en persoonlike praktyke en persoonlike genade loop uit op deel wees van ‘n geloofsfamilie waarvan ek my nie sondermeer kan losmaak en onafhanklik, individualisties, egosentries en geïsoleerd kan gaan leef nie. Deur weergeboorte is ek deel van die huisgesin van God. God is my Vader en elke ander gelowige is my broer en my suster. Ons is as ‘n geloofsfamilie met ‘n onlosmakklike band aan mekaar vas.

Die tydsgees is nie hierdie boodskap en gedagtes goedgesind nie. Hierdie is die radikale andersheid van die koninkryk. Jesus se boodskap was: Bekeer julle want die koninkryk het naby gekom. (Markus 1:15) Die tydsgees (koninkryk) in Jesus se tyd was dalk anders as vandag s’n. Maar dit is nie vandag minder radikaal as toe nie. Bekering is ‘n stroomop handeling. Bekering is ‘n keuse om teen die stroom op te swem. Nie onafhanklik nie, interafhanklik. Nie individualisties nie, maar erken dat ons mekaar nodig het. Nie egosentries nie, maar erken dat die belange van die geloofsfamilie my persoonlike belange oorskadu. Nie geïsollerd nie, maar ‘n aanvaarding van die wete dat ons as geloofsfamilie saam meer vermag as individue.

Ons tydsgees vra ‘n nuwe bekering.

More skryf ek ietsie oor hoekom ons mekaar nodig het.

1 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

One response to “GODSDIENS -PERSOONLIK MAAR NIE PRIVAAT NIE – 40 Dae van Saamwees (3)

  1. Christelle van der Walt

    Dit is in werklikheid so: als wat GOD geskape het, het ons nodig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s