GODSDIENS -PERSOONLIK MAAR NIE PRIVAAT NIE – 40 Dae van Saamwees (3)

Ek het Maandag iets geskryf oor die TYDSGEES en gister oor die EFFEK VAN DIE TYDSGEES OP DIE KERK. Individualisme is nie goed vir die kerk nie. Individualisme is nie goed vir die mens nie. Indvidualisme isoleer mense van mense. Individualisme is nie goed vir die skepping nie. Individualisme skep ‘n private wêreld waar niemand toegelaat word nie. Maar beteken dit dat godsdiens en spiritualiteit nie ‘n persoonlike karakter het nie? Beteken dit dat die individu nie vir God saak maak nie?

Die teendeel is natuurlik waar. Die indidivu maak vir God saak. Ek dink nou maar aan  Jesaja 43:1 wat sê dat God ons elkeen gevorm het (Sien ook Psalm 138) en dat Hy ons by die naam roep. Ek dink ook aan daardie mooi gedeelte in Matteus 6:4-8 waar Jesus ons aanmoedig om in ons binnekamer in te gaan en daar te bid. Ek dink aan Jesus wat in Johannes 10 sê dat Hy sy skape by die naam roep. Verhouding met God is persoonlik. Baie persoonlik.

Persoonlik maar nie privaat nie. Die teks in Jesaja verwys na Jakob. Lees voort “GODSDIENS -PERSOONLIK MAAR NIE PRIVAAT NIE – 40 Dae van Saamwees (3)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑