DIE TYDSGEES EN DIE KERK – 40 DAE VAN SAAMWEES (2)

Ek het gister geskryf oor die tydsgees waarin ons lewe. Hierdie tydsgees het uit die aard van die saak ‘n invloed op die kerk.

Die NG Kerk het aan die einde van 2013 ongeveer 35 000 lidmate minder as aan die einde van 2012. Hierdie is egter nie uniek aan die NG Kerk nie. Alle kerke, met die uitsondering van kerke in Afrika, worstel met hierdie probleem. Daar is baie verduidelikings vir hierdie veskynsel. ‘n Mens hoef net na die kommentaar op sosiale media te kyk om te besef dat die tydsgees ook hierin ‘n baie groot rol speel.

ONAFHANKLIKHEID – Mense sê so maklik: “Ek het nie ander Christene of die georganiseerde kerk nodig om ‘n Christen te wees nie. Ek kan op my eie net so goed Christen wees. Ek lees my Bybel, ek bid, ek doen goed aan ander mense. Ek kyk selfs van tyd tot tyd kerk oor die TV.

INDIVIDUALISME – In persoonlike gesprekke en weereens die kommentaar in die sosiale media, blyk dit soms dat mense wat hulle rug op die kerk draai wel besef dat hule die kerk en selfs ander mense vir wie hulle omgee sou seer maak en skade doen in die proses. Maar… in hierdie lewe is dit elkeen vir homself.

EGOSENTRIES – As die kerk nie vir my gee wat ek wil hê nie en as die kerk nie doen soos ek dink die kerk behoort te doen nie en as die kerk nie dink soos ek dink nie, dan is ek reg en die kerk verkeerd en dan onttrekek aan die kerk. As alles nie rondom my draai nie, dan…

GEïSOLEERD – Ek kom reg op my eie. Moet ook nie met my oor godsdiens of oor my geloof of oor jou geloof praat nie. Godsdiens en geloof is ‘n private saak.

(Hierdie is in ‘n sekere sin ‘n ooreenvoudiging van ‘n komplekse aangeleentheid. Ek besef daar is mense wat grondige besware teen die optrede van die kerk en mense in en van die kerk het en daarom hulle bande met die kerk losgemaak het. Ek is jammer oor elke persoon wat vir watter rede ookal hom-/haarself losgemaak het van ‘n geloofsgemeenskap. Ek dink die persoon en die geloofsgemeenskap is armer wanneer enige persoon besluit om geloof en godsdiens as ‘n private aangeleentheid te leef. Die punt wat ek egter maak is: Nie alle mense is kwaad nie. Die oorgrote meerderheid is kinders van die tyd. Beïnvloed deur die tydsgees, is hulle afwesig en onbetrokke.)

Einde laaste het hierdie tydsgees tot gevolg dat mense sê: “Ek is geestelik maar nie godsdienstig nie.” (Spiritual but not Religious) Geestelik kan ek op my eie doen. Godsdiens moet ek saam met ander mense doen. Ek sien nie kans om dit saam met ander te doen nie.

Wanneer ‘n mens dan in hierdie gesprek die Bybel optel raak mense ongemaklik. Daar is sekere waarhede in die Bybel waarby ons nie verby kan kom nie. Ons bely elke Sondag: “Ek glo in ‘n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges…” Ek beleef  dat ek met die belydenis sê: Net soos ek glo dat iets soos die vergewing van sondes ‘n ononderhandelbare werklikheid is wat deur die sterwe van die gekruisigde Christus vir my bewerk is, net so is die kerk, die gemeenskap van die heiliges ‘n werklikheid wat ek nie kan of mag ontken nie.

In Hebreërs 10:25 staan daar:

Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan…”

Wanneer ons hierdie belydenis hoor en hierdie teks lees, dan gaan ons verdedigingsmeganismes onmiddelik op. Die tydsgees het ons anders gevorm. Die lewe het ons geleer dat dit aanvaarbaar is om nie so te wees nie. Elkeen van ons lewe in ‘n gemaksone. ‘n Gemaksone wat maak dat daar ‘n doodse stilte is oor hierdie dinge. En indien die ongeskrewe reëls van die tydsgees geïnoreer sou word, sou dit met ongetemperde aggressie begroet word. Elkeen van ons leef in ‘n veilige “bubble.” ‘n Bubble waar ek en ek alleen met myself besig is. Elkeen van ons het ‘n denkbeeldige streep wat ons rondom ons trek en sê: Moet dit nie waag om hierdie grens oor te steek nie.

Die oplossing: Breek die stilte! Bars die “bubble.” Steek die grens oor.

Wie se stilte? Wie se “bubble?” Wie se grens? My eie natuurlik. Stel jouself bloot. Maak kontak. Stel jouself aan iemand anders voor. Bied jou hulp aan. As jy moeilikheid wil hê, probeer om die ander persoon te dwing om ie stilte te breek en sy/haar “bubble” te bars en dat hy/sy sy/haar grens moet oorsteek. Breek jou eie stilte. Bars jou eie “bubble.” Steek jou eie grens oor.

Die sendingveld begin net buite my gemaksone. Die evangelie kan nie verkondig word as ek nie begin praat nie. Grense gaan nie oorgesteek word as ek nie die eerste tree gee nie.

Die tydsgees het ‘n invloed op ons en op die kerk. Maar, ons kan nie toelaat dat die tydsgees dikteer oor hoe ons as kerk en as volgelinge van Jesus leef nie.

More skryf ek iets oor persoonlik maar nie privaat nie.

3 thoughts on “DIE TYDSGEES EN DIE KERK – 40 DAE VAN SAAMWEES (2)

Add yours

  1. Ek groet u, my naam is Ben Biggs en ek deel graag met u en die hele wêreld oor die vraag wat by gelowiges ontstaan wat Jesus Christus as hul Verlosser en Saligmaker aangeneem het.
    Groete,en hoor graag van u.

    Wat moet ons doen broeders?

    Die groot opdrag van Jesus Christus aan sy dissipels, en aan elkeen wat Hom aangeneem het en in Hom glo vandag nog, vind ons op twee plekke in die bybel aangeteken.
    Ons lees in Mattheüs28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    En dan lees ons in Markus16,15@16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom, hy wat glo en hom laat doop sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word.
    Die evangelie wat verkondig moet word en die belofte van God aan die mense is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld (mense) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom(Jesus) glo (hier volg die belofte) nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Galásiërs3,22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word
    Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename..
    —————
    Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word. Hy(Jesus) sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie,”Nee”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap, en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
    Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe; gedagtes, woorde, en dade.)

    Die opdrag van Jesus aan sy volgelinge is twee-ledig.
    Die een deel van die opdrag is om die blye boodskap van verlossing en redding wat in Jesus Christus is, aan alle mense te verkondig.
    Die ander deel van die opdrag is om vir die mense wat die boodskap glo en aanneem te kan sê wat hulle nou te doen staan.

    Voorbeeld.
    In Handelinge2 lees ons hoe die apostels die Heilige Gees ontvang en die opdrag van Jesus om die evangelie aan alle mense te verkondig uitvoer.In vers37 lees ons die mense word diep in die hart deur Petrus se boodskap getref, hulle glo en verstaan dit maar besef terselfdertyd hulle moet iets doen maar weet nie reg wat nie. Ons lees hulle rig hul nood tot Petrus en die ander apostels en vra. Wat moet ons doen broeders? Hierdie vraag geld ook vir elke persoon 2000 jaar later wat Jesus Christus as sy of haar persoonlike saligmaker aangeneem het.
    Nou het Petrus gevul met die Heilige Gees die moed van sy oortuiging, geloof en kennis om vir hulle, en ook vir ons vandag te antwoord. Handelinge2,38;En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus (waarom in die Naam van Jesus) tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Handelinge 10,43; Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom(Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam(Jesus) ontvang.
    Handelinge 19,5; En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

    Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir ons sonde. Amen.

    Wat antwoord U vandag vir mense wat tot geloof in Jesus Christus kom en vra .Wat moet ons doen broeders?
    E-pos biggs.ben7@gmail.com

    .

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: