DIE TYDSGEES – 40 DAE VAN SAAMWEES (1)

Met die tydsgees word bedoel  die kenmerkende manier waarop die grootste deel van mense van ‘n bepaalde tyd dink en optree. Elke tydsgees het sy eie unieke kenmerke. Ek sien 4 belangrike kenmerke van die tydsgees waarin ons lewe. Hierdie kenmerke het ‘n leefstyl geword wat nadelig inwerk op die mense, op die gemeenskap, op die kerk en op die skepping.

Die vier kenmerke is: 

Onafhanklik – ek het nie ander mense nodig nie. Ek kom reg op my eie.

Indvidualisties –  my belange is belangriker as die belange van die groep.

Egosentries – ek is die belangrikste – alles draai rondom my.

Geïsoleerd – Moenie naby my kom nie

Ons is kinders van ons tyd. Almal van ons het tog op een of ander manier ingekoop in hierdie tydsgees in. Ons is in staat om te verduidelik hoekom dit goed is om elkeen van hierdie vier dinge te wees. Hierdie tydsgees het natuurlik ‘n effek op die samelewing. Opsommend kan mens sê:

Mense leef alleen. 

Mense sterf alleen.

In die laaste agt jaar is die volgende mense in hulle huise gevind nadat hulle al ‘n paar jaar dood is:

  • 2006 – Londen – 6 jaar dood
  • In 2007 – Duitsland – 7 jaar dood
  • In 2008 – Kroasië – 42 jaar dood
  • In 2011 – Australië – 11 jaar dood
  • In 2012 – Milwaukee VSA – amper 4 jaar dood
  • In Oktober 2012 – Frankryk – byna 15 jaar dood was
  • In 2012 – Sussex – Engeland –2 jaar dood
  • In 2013 – Meksiko – langer as ‘n jaar dood
  • In Augustus 2013 – Florida 3 jaar dood

Hoe eensaam moes elkeen van hierdie mense nie in die maande of jare voor hulle dood gewees het nie. Die tydsgees het ons mense vereensaam.

Hierdie tydsgees het natuurlik ‘n effek op elkeen van ons ook. Probeer bietjie vir iemand wat jy weet swaarkry jou hulp aanbied. Hoeveel keer kry jy die antwoord, “Baie dankie, maar ek kom reg.” (Onafhanklik) Kyk rondom jou na die kinders op skool en gesinne in die samelewing en die manier waar besighede bedryf word. Die belange van die individu word bo die belange van die groep en die gemeenskap en die skepping gestel. (Individualisme) Ek het my laaste kind op skool. Ek is verstom om te sien hoeveel geleenthede word geskep waar die hele wêreld rondom die individu draai. Is padwoede enige iets anders as die ontnugtering dat ek nie die belangrikste persoon op die pad is nie? Mense se ego’s moet die hele tyd gestreel word en individue moet tevrede gehou word. (Egosentries) Intussen word die mure in die woonbuurte net hoër en die punte van die heinings al hoe skerper. Geen huise het meer klokkies nie. As jy nie ‘n afspraak het nie, kan jy nie met die mense kontak maak nie. (Isolasie) Hierdie tydsgees roep dit eintlik uit: LOS MY UIT! MOENIE MET MY KONTAK MAAK NIE!

Ons het ingekoop in hierdie tydsgees. Ek is ook so. Ek het in die laaste week weer agtergekom in hoe ‘n mate ek ‘n kind van die tyd is. Ek self is ‘n baie privaat persoon. Ek sukkel om uit my gemaksone te kom. Ek leef binne-in my eie spreekwoordelike “bubble” waar ek veilig voelig. Ek het die grense wat ek nie gaan oorsteek nie, duidelik getrek. Maar, ek is nie alleen nie.

Verlede week by die kleingroep bespreek ons hierdie saak. Die een man sê: “As jy op ‘n Sondag-oggend sê: ‘Groet die persoon langs jou, voor jou en agter jou.’ dan is ek klaar kwaad kwaad vir jou.” Hierdie is omdat ons kinders van ons tyd is. Die tydsgees het ons gevorm.

As ons in hierdie tyd aan ‘n veldtog werk wat sê: “Saam is ons beter!” Dan is ons as kinders van ons tyd bietjie senuweeagtig.

More, iets oor die effek van die tydsgees op die lewe van die kerk.

4 Kommentaar

Filed under 40 Dae van Saamwees, Die Christelike Lewe

4 responses to “DIE TYDSGEES – 40 DAE VAN SAAMWEES (1)

  1. Christelle van der Walt

    Attie, baie, baie goeie skryfwerk. Dit is so mense is besig om al hoe meer harteloos te word. Mensdom se emosies word onderdruk. Daar is soveel goed wat om ons gebeur wat jou siel skade gee. Dit is baie hartseer….

  2. Siegfried Wurth

    Wonderlike skryfwerk Attie it is so waar. Mag God ons seen om vir mekaar lief he en omgee vir mekaar, en die tipe lewe verdruk met die wat die Here vir ons leer gee om vir mekaar! Dankie Attie Groetnis

  3. Pingback: DIE TYDSGEES EN DIE KERK – 40 DAE VAN SAAMWEES (2) | Attie se koffietafel.

  4. Pingback: GODSDIENS -PERSOONLIK MAAR NIE PRIVAAT NIE – 40 Dae van Saamwees (3) | Attie se koffietafel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s