Sondag 16 Februarie begin ons 40 Dae van Saamwees. Hierdie veldtog slauit baie mooi aan by ons gemeente se visie en missie:
Ons is ‘n geloofsfamilie wat God -drie-Enige voluit dien, deur Homm in alles te verheerlik, geestelik te groei, vir mekaar om te gee en ‘n verskil te maak in die wêreld.
Ons berei hierdie week voor vir ‘n ontmoeting met die Here. Die Bybel het verskeie verhale van ontmoetings met God. Nie twee van die verhale is dieselfde nie en nie twee se eindresultaat is dieselfde nie. Ons gaan nie elke dag by die kerk bymekaarkom nie, maar ons gaan saam bid.
“Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. ” Handelinge 2:46-47
Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek…
- dat U hierdie tyd sal gebruik om ons gemeente te help om meer effektief uit te reik na ons gemeenskap met die Goeie Nuus sodat meer mense hulle lewens aan U Seun, Jesus Christus, sal to
- dat ons kleingroepe, in besonder die een waarvan ek deel is, in hierdie tyd iets sal doen om van ons gemeenskap ‘n beter plek te maak.
- dat ons as geloofsfamilie sal besef dat U ons juis in hierdie tyd in hierdie gemeenskap van Waverley en omgewing geplaas het, om instrumente in U hande te wees.
- Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Saterdagoggend (06:30-07:30) kom ons by die kerk bymekaar vir ‘n gebedsbyeenkoms en nagmaal. Dalk kan jy daar wees…
Dit is seker die beste en belowendste ding om te doen en dit is om vir Jesus Christus te werk. Mooi gebed, dankie.