DAG 5 – 7 DAE GEBEDSGIDS

Sondag 16 Februarie begin ons 40 Dae van Saamwees. Hierdie veldtog slauit baie mooi aan by ons gemeente se visie en missie:

Ons is ‘n geloofsfamilie wat God -drie-Enige voluit dien, deur Homm in alles te verheerlik, geestelik te groei, vir mekaar om te gee en ‘n verskil te maak in die wêreld.

Logo Gebed

Ons berei hierdie week voor vir ‘n ontmoeting met die Here. Die Bybel het verskeie verhale van ontmoetings met God. Nie twee van die verhale is dieselfde nie en nie twee se eindresultaat is dieselfde nie. Ons gaan nie elke dag by die kerk bymekaarkom nie, maar ons gaan saam bid. 

“Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. ” Handelinge 2:46-47

Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek…

  • vir ons geestelike groei, dat U ons geloof sal verdiep en versterk en ons sal gebruik om ander te bemoedig op hulle geloofsreis.
  • dat U ons sal motiveer om dit wat ons leer prakties te gaan uitleef. Ek bid in besonder dat U ons gemeente sal mobiliseer om deel te wees van U werk hier op aarde. Gee dat ons in hierdie tyd en hierna sal uitreik na ons gemeenskap met dade van liefde en omgee in U Naam.
  • dat U ons harte rein sal maak sodat ons met suiwer motiewe en heilige bedoeling U mag dien.
  • Laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose

Saterdagoggend (06:30-07:30) kom ons by die kerk bymekaar vir ‘n gebedsbyeenkoms en nagmaal. Dalk kan jy daar wees…Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek…

One thought on “DAG 5 – 7 DAE GEBEDSGIDS

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: