DAG 4 – 7 DAE GEBEDSGIDS

Sondag 16 Februarie begin ons 40 Dae van Saamwees. Hierdie veldtog slauit baie mooi aan by ons gemeente se visie en missie:

Ons is ‘n geloofsfamilie wat God -drie-Enige voluit dien, deur Homm in alles te verheerlik, geestelik te groei, vir mekaar om te gee en ‘n verskil te maak in die wêreld.

Logo Gebed

Ons berei hierdie week voor vir ‘n ontmoeting met die Here. Die Bybel het verskeie verhale van ontmoetings met God. Nie twee van die verhale is dieselfde nie en nie twee se eindresultaat is dieselfde nie. Ons gaan nie elke dag by die kerk bymekaarkom nie, maar ons gaan saam bid. 

“Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. ” Handelinge 2:46-47

Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek…

 

  •  dat U in elkeen van ons ‘n honger en ‘n dors sal wakker maak vir geestelike verandering in ons gesinne, kleingroepe, en gemeente en vir blywende vrugte in ons gemeenskap.
  • dat U elkeen van ons gemeente in hierdie 40 Dae sensitief sal maak vir ander se behoeftes, maar in besonder vir die met spesiale behoeftes. Ek bid dat U my persoonlik meer bewus sal maak van ander se behoeftes. (‘n Besoek, ‘n maaltyd, ‘n saamry-geleentheid, hulp in en om die huis, bemoediging, ‘n gebed.)
  • dat U ons harte sal vul met ‘n honger en ‘n dors na wat reg is. Gee dat ons oortuigings en ons gebede sal oorgaan in dade.
  • Vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen on oortree.

Saterdagoggend (06:30-07:30) kom ons by die kerk bymekaar vir ‘n gebedsbyeenkoms en nagmaal. Dalk kan jy daar wees…

One thought on “DAG 4 – 7 DAE GEBEDSGIDS

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: