ONTMOETINGS MET DIE STURENDE GOD

In Eksodus 19 lees ons van Israel se ontmoeting met God in die Sinaiwoestyn by Horebberg – die berg van God. In die belydenisgroep gisteraand het die tieners ook baie vrae hieroor gehad. Een gevolgtrekking wat ek uit daardie gesprek gemaak het, is dat die tieners tog na ‘n ontmoeting met God verlang. Hulle weet egter nie wat hulle kan of mag verwag nie. Die vraag is: Hoe sal mens weet as jy ‘n ontmoeting met God gehad het?

Hierdie is heeltemal ‘n billike vraag. In die Bybel lees ons van verskeie ontmoetings met God. Toe ek verlede week hieroor begin dink met die oog op Sondag se preektref dit my opnuut weer: Nie twee van die ontmoetings met God wat in die Bybel beskryf word is dieselfde nie.

  • In Genesis 12 sê God sommer net vir Abraham. So asof God en Abraham in elk geval nog die hele tyd met mekaar in gesprek was.
  • Op Moria-berg wanneer Abraham amper sy seun Isak offer ontmoet God Abraham (en Isak) deur middel van ‘n engel. (Genesis 22)
  • Jakob ontmoet God in die Jabbok deur middel van ‘n droom. (Genesis 32)
  • Moses ontmoet God die eerste keer in ‘n brandende braambos. (Eksodus 3)
  • Die tweede ontmoeting (op dieselfde plek) is deur middel van donderdslae en ‘n stem. (Eksodus 19)
  • Josua het sommer net permanent in die tent van ontmoetiong gebly. (Eksodus 33)
  • Gideon ontmoet God terwyl hy wegkruip vir die vyande. (Rigters 6)
  • Elia ontmoet God op Sinaiberg in ‘n koel aandwindjie. (1 Konings 19)
  • Dawid ontmoet vir God deur die profeet Natan wat hom kom sien. (2 Samuel 12)
  • Jesaja ontmoet God in ‘n visoen van ‘n brandende kool. (Jesaja 6)
  • Daniël ontmoet God terwyl hy in die bokamer bid. (Daniël 9)
  • Sagaria ontmoet God terwyl hy met sy priesterlike take besig is. (Lukas 1)
  • Maria ontmoet God terwyl sy met haar alledaagse take besig is. (Lukas 1)
  • Die drie dissipels ontmoet God saam met Jesus op die berg van verheerliking. (Matteus 17)
  • Die twaalf dissipels en ander volgelinge van Jesus ontmoet God op Pinksterdag wanneer die Heilige Gees skielik die vertrek waar hulle is vul. (Handelinge 2)
  • Paulus ontmoet God op die pad na Damaskus in ‘n helder lig en ‘n hoorbare stem. (Handelinge 9)
  • Petrus ontmoet God in ‘n visioen  op die dakstoep van Simon die leerlooier se huis in Joppe. (Handelinge 10)
  • Johannes ontmoet God op die eiland Patmos in ‘n visoen. (Openbaring 1)

Daar is nog ander ontmoetings waarvan ons in die Bybel lees. Die punt is net: nie twee van hierdie ontmoetings is dieselfde nie. Maar meer as dit. Nie twee van die ontmoetings het presies dieselfde resultaat nie.

Behalwe…

Elkeen van hierdie ontmoetings het tot gevolg dat die een vir wie God ontmoet, skielik die groter prentjie sien. God ontmoet elkeen van hierdie mense sodat hulle kan sien waarmee God eintlik besig is. Dan ontdek elke mens wat God ontmoet het wat die rol is wat hy/sy moet speel in die groter saak waarmee God besig is.

Die sturende God ontmoet en stuur mense om te doen wat Hy vir hulle beplan het.

Hoe anders is dit nie as die ontmoetings wat “verkoop” word as iets wat my goed en lekker en beter laat voel nie. Soveel anders as die ontmoetings wat bewerk word met die oog op een of ander ervaring nie. Ek wonder of ‘n mens kan sê: As dit wat jy as ‘n ontmoeting met God beleef het, nie tot gevolg het dat jy jou plek in sy besig-wees ontdek het nie, dan het jy dalk ‘n wonderlike ervaring gehad, maar het jy die sturende God waarvan ons in die Bybel lees ontmoet?

Hoe dink jy?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: