In Eksodus 19 lees ons van Israel se ontmoeting met God in die Sinaiwoestyn by Horebberg – die berg van God. In die belydenisgroep gisteraand het die tieners ook baie vrae hieroor gehad. Een gevolgtrekking wat ek uit daardie gesprek gemaak het, is dat die tieners tog na ‘n ontmoeting met God verlang. Hulle weet egter nie wat hulle kan of mag verwag nie. Die vraag is: Hoe sal mens weet as jy ‘n ontmoeting met God gehad het?
Hierdie is heeltemal ‘n billike vraag. In die Bybel lees ons van verskeie ontmoetings met God. Lees voort “ONTMOETINGS MET DIE STURENDE GOD”