DAG 2 – 7 DAE GEBEDSGIDS

Sondag 16 Februarie begin ons 40 Dae van Saamwees. Hierdie veldtog slauit baie mooi aan by ons gemeente se visie en missie:

Ons is ‘n geloofsfamilie wat God -drie-Enige voluit dien, deur Homm in alles te verheerlik, geestelik te groei, vir mekaar om te gee en ‘n verskil te maak in die wêreld.

Logo Gebed

Ons berei hierdie week voor vir ‘n ontmoeting met die Here. Die Bybel het verskeie verhale van ontmoetings met God. Nie twee van die verhale is dieselfde nie en nie twee se eindresultaat is dieselfde nie. Ons gaan nie elke dag by die kerk bymekaarkom nie, maar ons gaan saam bid. 

“Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. ” Handelinge 2:46-47

Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek…

  • vir ons leraars wat in hierdie tyd die leiding neem. Ek vra dat U hulle in hierdie tyd met U Gees sal vul. Gee aan elkeen van hulle die Gees van wysheid en krag. Ek bid ook vir U bewaring oor hulle en hulle gesinne.
  •  vir elkeen wat op een of ander manier betrokke is by die reëings van hierdie veldtog. Gee dat elkeen U guns en U genade sal beleef as hulle aan ons, U gemeente, leiding gee in hierdie tyd. Gee dat elkeen van hulle in alles wat hulle sê en doen, U heilige Naam sal verheerlik.
  • dat U vir elke kleingroepleier, jeugleier, bedieningsleier in hierdie tyd bewus sal maak van hoe U U koninkryk deur hulle kan en wil laat kom.
  • Laat U wil ook op die aarde geskied net soos in die hemel. 

Saterdagoggend (06:30-07:30) kom ons by die kerk bymekaar vir ‘n gebedsbyeenkoms en nagmaal. Dalk kan jy daar wees…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: