Eerskomende Sondag (16 Februarie) begin ons gemeente met die 40 Dae van Saamwees veldtog. Ons gemeente gebruik hierdie week as ‘n week van voorbereiding. Ons gaan onsself in besonder deur gebed voorberei vir die veldtog. Daar sal elke dag hier die sake verskyn waarvoor ons almal saam bid. Saterdag-oggend (06:30-07:30) het ‘n gesamentlike gebedsbyeenkoms en nagmaal met die oog op die 40 Dae van Saamwees.
Hemelse Vader, saam met my geloofsfamilie bid ek…
- dat ons tydens hierdie 40 dae van Saamwees ons oë op U en op U alleen sal hou. Ons weet dat ons niks sonder U kan doen nie en dat al ons pogings tevergeefs is.
- dat ons onsself aan U sal toewy in gebed sodat ons onsself kan voorberei vir wat U wil doen. Stel ons in staat om hierdie 40 Dae met gebed te deurdrenk en opgewonde te raak oor die verskil wat U in reaksie op ons gebede kan maak.
- dat U ons sal leer om ons eie gebrokenheid te aanvaar sodat ons ook die gebrokenheid van ons geloofsfamilie en die gebrokenheid van die mense in ons geloofsfamilie sal aanvaar.
- dat ons as gebroke mense ook die gebroke mense in ons gemeenskap sonder voorbehoud sal aanvaar en verwelkom.
- Laat U koninkryk kom.
Laat 'n boodskap