Die kerk beleef ‘n krisis wêreldwyd. Daar is selfs agterdog teenoor die goeie werk wat die kerk in ons gemeenskappe doen. Naas die staat is die NG Kerk die grootste finansiële bydraer tot barmahrtigheidswerk in ons land. Ons het in die verlede foute gemaak. Die Bybelse regverdiging van die Apartheidstelsel en die rassisme wat daarmee saam in ons mense se lewens nesgeskop het, is maar een voorbeeld daarvan.
Op Facebook maak Arnau van Wyngaardt gister melding van ‘n artikel wat op 8 Januarie 2014 in Christianity Today verskyn het. In die geskiedenis is daar sendelinge waarvoor die kerk haar behoort te skaam. Daar was sendelinge wat met onsuiwer motiewe hulle werk gedoen het. Maar Woodward maak dalk die punt dat die meerderheid sendelinge met ander motiewe en selfs ander langtermyn resultate gewerk het.
Maar die artikel handel eintlik oor die werk van Robert Woodberry. Vir die eerste keer is daar statistiese navorsing gedoen oor die impak wat die sendelinge van die vorige eeue se werk gehad het op die lande waar hulle gewerk het. In ‘n ander artikel wat in 2012 verskyn het verduidelik Woodberry self die resultaat van sy navorsing:
… demonstrates historically and statistically that conversionary Protestants (CPs) heavilyinfluenced the rise and spread of stable democracy around the world. It argues that CPs were a crucial catalyst initiating the development and spread of religious liberty, mass education, mass printing, newspapers, voluntary organizations, and colonial reforms, thereby creating the conditions that made stable democracy more likely. Statistically, the historic prevalence of Protestant missionaries explains about half the variation in democracy in Africa, Asia, Latin America and Oceania and removes the impact of most variables that dominate current statistical research about democracy. The association between Protestant missions and democracy is consistent in different continents and sub samples, and it is robust to more than 50 controls and to instrumental variable analyses.
Woodberry maak hierdie byna ondenkbare stelling:
Areas where Protestant missionaries had a significant presence in the past are on average more economically developed today, with comparatively better health, lower infant mortality, lower corruption, greater literacy, higher educational attainment (especially for women), and more robust membership in non-governmental associations.
Ek wonder of Woodberry se navrosing enige impak gaan hê op ons die missionale kerk oor haar missionale werk dink.
Ry maar net deur SA en oral sien jy van ver af die kerk se toring hoog in die lug… Protestantse kerke. Ek is baie dankbaar dat daar sendelinge jare gelede hulle werk gedoen het, anders het ekself dalk nie vir Jesus geken nie.
Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak…..
EN
Julle is die lig wat die wêreld moet verlig…..
GOD het hierdie opdrag gegee, daarom is dit voorspoedig.