JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!

Ek het gister geskryf oor Jesus wat in die sinagoge geleer het en wat dit beteken. In Matteus 4:23 doen Jesus drie dinge: Hy leer en Hy verkondig en Hy maak mense gesond. Op die manier het die koninkryk van God naby gekom. (Mt 4:17) Vandag wil ek klein bietjie aandag gee aan Jesus wat “verkondig” het. In die Grieks (net soos in Afrikaans) is “leer” en “verkondig” twee verskillende woorde. Die Griekse woord vir “leer” is didasko en die Griekse woord vir “verkondig” is kerusson.

Die oorsprong  van kerusson is keryx.

“keryx denotes the man who is commisioned by his ruler or the state to call out with a clear voice some item or news and so to make it known.”

Jesus is deur die Vader gestuur en gevolmag om die aanbreek van die koninkryk van God aan te kondig. Wanneer die agtervoegsel –ma by keryx gevoeg word, dan word dit kerugma. Kerugma kan dan die klank van die boodskapper se stem wees of die inhoud van die boodskap self. Die interessante is dat hierdie woord net 4 keer in die Griekse vertaling van die Ou Testament (Die LXX) voorkom en elke keer is dit vir ‘n boodskapper wat nie ‘n Joodse oorsprong het nie. Dit was dus nie algemeen om met hierdie woord na die profete te verwys nie.

Die woordjie kerusso speel egter ‘n besondere rol.

“The v(er)b kerysso characterizes the concrete proclamation of the message in a particular instance, with special reference to the claim that is being made, and its authority to set up a new order. It includes information, but is always more than mere instruction or a bare offer, and is equally distinct from the communication of philosophical teaching or general wisdom. kerysso sets a standard, to ignore which is not simply indifference but refusal.” (The New International Dictionary of New Testament Theology, Vol 3:p 57)

Verkondig is anders as om inligting oor te dra. Verkondiging gaan gepaard met volmag om ‘n nuwe bedeling tot stand te bring. Kerysso lyk vir my na die aankondiging van ‘n werklikheid waarvan ek nie bewus was nie.

Die dissipels kry nie een keer in die Matteus-evangelie die opdrag om te leer (didaskon) nie. Vir Matteus is Jesus die enigste Leermeester. Eers heel aan die einde, by die laaste opdrag (Mt 28:20) kry die dissipels ook die opdrag om te leer (didaskon).  Nou is hulle gereed om deel te wees van dit waarmee Jesus in gehoorsaamheid aan die Vader tot nou toe besig was.

In hierdie vers gebruik Jesus drie verskillende woorde: didaskon (leer)… keryssein (verkondig) en … therapeuon (genees). Hierdie drie woorde is eintlik ‘n beskrywing van hoe die koninkryk van God teenwoordig gestel word.

All this is to say that the event of proclamation is surrounded by objective instruction and by events and actions which symbolically make known the dawn and the power of the new age. It is not only the proclamation of the new age, but it makes space for the latter to grow. This, and probably only this, provides the protection against blind fascination, on the one hand, and against spiritualization and idealization, on the other.” (The New International Dictionary of New Testament Theology, Vol 3:p 57)

Jesus se bediening begin met hierdie drie terme of handelinge. Ek het net verlede week by iemand geleer dat die postmoderne gemeente nie meer kernwaardes sal hê nie, maar kern-handelinge of -aktiwiteite. Met ander woorde: As gemeente van die Here Jesus leer ons, verkondig ons en genees ons.

Leer die mense deur ‘n interpretasie van die Woord wat dit is wat hulle van God verwag. Kondig aan dat deur gehoorsaamheid aan God se Woord en die doen van God se wil, ons eerstens simboliese tekens oprig van die heerskappy van God en tweedens is ons juis besig om deel te wees van dit waarmee God in hierdie wêreld besig is.

‘n Kerk wat op die een ten koste van die ander fokus…

One thought on “JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!

Add yours

  1. Attie,Ben Sternke verduidelik dit vir my baie prakties betreffende dissipelskap.Hy verduidelik dat dit ‘n uitnodiging is om nou deel te neem in dit wat Jesus Christus nou op die aarde doen.
    Volgens Sternke het Jesus die menigte geleer maar net die 12 onderrig om soos hy te word.So 3 dissipels het weer meer tyd en aandag gekry.
    Paulus het die Korintiers meegedeel om hom te volg soos hy vir Jesus volg,maw leiers moet geidentifiseer word om te lei.
    Om Kerk toe te gaan en ‘n klein groep by te woon is reg,maat dissipels word nie so gemaak nie.Die mens is nie van nature ‘n dissipelmaker nie.Kortliks is dit Sternke se formele manier van dissipels maak.As ‘n mens ‘n dissipel wil word moet jy ‘n leier navolg soos Paulus vir Timoteus meedeel,2 Tim 2 vers 2.Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het,moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer.
    Ek glo natuurlik ook dat elke mens dissipelskap kan uitleef en ‘n voorbeeld stel vir almal wat jou pad kruis.
    Groetnis.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: