Ek het gister geskryf oor Jesus wat in die sinagoge geleer het en wat dit beteken. In Matteus 4:23 doen Jesus drie dinge: Hy leer en Hy verkondig en Hy maak mense gesond. Op die manier het die koninkryk van God naby gekom. (Mt 4:17) Vandag wil ek klein bietjie aandag gee aan Jesus wat “verkondig” het. In die Grieks (net soos in Afrikaans) is “leer” en “verkondig” twee verskillende woorde. Die Griekse woord vir “leer” is didasko en die Griekse woord vir “verkondig” is kerusson.
Die oorsprong van kerusson is keryx.
“keryx denotes the man who is commisioned by his ruler or the state to call out with a clear voice some item or news and so to make it known.”
Jesus is deur die Vader gestuur en gevolmag om die aanbreek van die koninkryk van God aan te kondig. Lees voort “JESUS HET VERKONDIG – ONS MOET OOK!”