JESUS HET GELEER – ONS MOET OOK!

Die teks vir eerskomende Sondag is Matteus 4:12-23. Ek preek die aand en my kollega, Anru, die oggend. Ek het egter Maandagoggend reeds iets raakgesien waaroor ek gewonder het. Hierdie is die begin van Jesus se bediening. Hy begin sy bediening deur te leer en te preek. Ek is tans besig met bietjie leeswerk met die oog op verdere studies. My studies gaan oor prediking as missionale aktiwiteit. Twee evangelies (Markus en Matteus) begin met die gedagte dat Jesus die koninkryk van God verkondig het. Prediking het dus ‘n belangrike rol gespeel in Jesus se bediening.

In Matteus 4:12-23 begin Jesus se bediening met die verkondiging van die koninkryk van God en in verse 18-22 roep hy sy eerste dissipels. En dan sluit hierdie gedeelte af met die woorde:

“Hy het toe in Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.” (Matteus 4:23)

Judith Jones skryf hieroor: 

“In the final verse of today’s reading, Jesus himself begins to enact God’s reign. In his teaching, in his preaching, and in his ministry of healing, he announces and reveals God’s light dawning on a dark world, God’s rule triumphing over the powers of evil and death.”

Jesus is besig om uitdrukking te gee aan die heerskappy van God. Ek wil sê: So lyk dit waar God koning is.  Jesus verkondig en leef die heerskappy van God oor magte van die bose en die duisternis. My aandag is egter by “geleer” en “verkondig”. In Grieks is didaskõn (geleer) en kerrusõn (verkondig). Interessant dat Jesus hulle in die sinagoges geleer het terwyl Hy die evangelie van die koninkryk verkondig het. Ek weet nog nie mooi wat om van hierdie onderskeid te maak nie.

‘n Paar opmerkings oor elkeen van hierdie twee woorde.

Wanneer die paralelle woord (limmad) in die Ou Testament gebruik word die volgende:

“In rabbinic Judaism, as indeed in the later portions of the Old Testament (e.g. 2 Chr 17:7 ff) limmad denotes the communication of the will of God concerning man’s relationship to God or to his fellow-men, this will being discerned through the interpretation of the law.  … limmad in the strict sense is now a specialized term for the translation of the Torah into concrete directions for the life of the individual.” (The New International Dictionary of New Testament Theology, Vol 3:p 761)

In die Ou Testament het “geleer” dus behels dat die Geskrifte (Torah) op so ‘n manier geïnterpreteer en verkondig word, dat die individu weet wat God se wil vir sy lewe is. Hierdie “individu” moet nie verwar word met die individualisme van die mondernisme nie. Die gedagte was vir die individu om in sy verhouding met God en God se mense te weet wat dit is wat God van hom/haar verwag.

Die evangelies is eenstemmig daaroor dat Jesus in die openbaar mense geleer het. Hierdie “openbaar” behels dan die sinagoges (soos in hierdie geval), in die tempel en in die opelug. Op 13 plekke in die evangelies word didasko gebruik as ‘n omvattende term vir Jesus se prediking.

“The rabbinic sense of didasko (i.e. that of the Heb. limmad) has been replaced by the meaning ‘to proclaim salvation.’ Despite this, however, and especially in Matt. the v(er)b can still mean to to teach in the sense of to command, or even to expound. Our investigations have therefore shown that the Synoptics’ use of didasko is similar in form to that of the LXX and so in some measure to that of the rabbis: it does not convey the idea of developing a person’s abilities but rather of instructing him in how to live; it also involves addressing him personally with commands based on the interpretation and declaration of God’s will.” (The New International Dictionary of New Testament Theology, Vol 3:p 763)

Ons sou dus kon sê dat wanneer Jesus mense geleer het, het hy in lyn met die ander rabbis van daardie tyd, die Skrifte geïnterpreteer en het hy hulle uitgedaag om ‘n besluit te neem en het Hy hulle geleer wat dit is wat God van hulle verwag. Ek wonder nou oor dissipelskap. Dissipelskap is ‘n leefstyl. Dissipelskap is dus nie in die heel eerste plek om ‘n sekere klomp leerstellings te aanvaar nie. Dissipelskap behels ‘n verhouding wat tot uitdrukking in ‘n leefstyl waardeur dit ook duidelik word dat God in Christus die magte van die duisternis oorwin het en dat Hy besig is om  deur sy kerk sy koninkryk op aarde te vestig.

My gevoel is net dat as hierdie dissipelskap leefstyl nie gepaard gaan met die regte “lering” nie, gaan dit nie lank wees voordat ons ‘n “social gospel” het wat al die mooi en regte dinge doen, terwyl die goeie en regte leer ‘n kwessie van voorkeur geword het.

More iets oor Jesus wat gepreek het.

2 thoughts on “JESUS HET GELEER – ONS MOET OOK!

Add yours

  1. Ek glo nie mens moet vir een oomblik bang, verward of vervreemd voel as jy met GOD praat nie. GOD kies sy dissipels en ‘n mens kan dit sien, hoor en jy weet dit. GOD sal altyd in beheer bly dit is net Satan wat als voortdurend wil verwoes als op aarde is in die spervuur.

  2. I am not permitted to let my love be so merciful as to tolerate and endure false doctrine. When faith and doctrine are concerned and endangered, neither love nor patience are in order….. For a defective life does not destroy Christendom, but exersises it. However, defective doctrine and false faith ruin everything.

    Ewald M Plass, What Luther Says (1959) p637

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: