TYE VERANDER – LIBERALISME

Ons lewe in ineressante tye. Ons hoor dikwels die uitdrukking tye verander. Ek dink nie almal van ons reageer dieselfde op die gedagte dat tye verander nie. Ek het oor die vakansie Preaching Jesus. The New Directions for Homiletics in Hans Frei’s Postliberal Theology  gelees. As jy meer oor Hans Frei wil lees, kan jy vinnig HIER gaan loer. Hans Frei het veral op Hermeneutiek en dan ook post-liberale teologie gefokus.

Die term post-modernisme word dikwels gebruik om die veranderende omstandighede waarin ons lewe te beskryf. Die term “post-modernisme” is waarskynlik vir die eerste keer iewers in die 1870’s deur John Watkins Chapman gebruik toe hy ‘n postmoderne kunsvorm voorgestel het om weg te beweeg van die Franse Impressionisme af. Daarna is postmodernisme egter gebruik om feitlik enige iets te beskryf wat die modernisme die rug toekeer. NT Wright beskryf hierdie tyd waarin ons lewe as “… the overlap of huge cultural waves.” (Challenge of Jesus:151)

Een van hierdie kultuurgolwe is postliberalisme, maar ek dink daar is ‘n hele paar ander “post(s)-) waarmee rekening gehou moet word as ons die omstandighede waarbine die kerk tans funksioneer moet verstaan. Op die stadium lyk dit vir my dat die volgende ten minste in gedagte gehou moet word:

  • post-Modernisme
  • post-Christendom
  • post-Apartheid
  • post-Kolonialisme

In hierdie inskrywing wil ek net so ‘n paar opmerkings maak oor liberale teologie. 

Karl Barth is alreeds gesien as ‘n postliberale teoloog. As ek reg onthou was Barth in besonder in reaksie teen Schleiermacher. Met ander woorde, liberalisme is al sedert die eerste helfte van vorige eeu aan die verbygaan. Die tyd vir die Liberale teologie is egter nog nie verby nie. 

Op Scott McKnight se blog The Jesus Creed het hy reeds twee keer hieroor geskryf na aanleiding van die liberale teoloog Christopher Evans se boek Liberalism Without Illusions. Scot haal Evans se eie definisie van liberalisme aan: 

Theological liberalism is a historical movement born in the nineteenth century that supports critical intellectual engagement with both Christian traditions and contemporary intellectual resources. As opposed to more traditional forms of Christian theology, liberalism has been characterized by an affirmation of personal and collective experience, systemic social analysis, and open theological inquiry (6).

Roger E Olson kan waarskynlik as ‘n kenner van die liberale teologie gereken word. Volgens Olson kan liberale teoloë se mening oor liberale teologie naastenby so saamgevat word:

All of them make the same point–that “liberal theology” is not just any deviation from orthodoxy but an elevation of modern reason and discovery, the “modern mind,” to a source and norm for theology.

‘n Bietjie verder sê hy:

In Crossfire, his dialogue with Clark Pinnock, Delwin Brown several time emphasized that liberal theology grants normative status to “the best of modern thought” in such a way as to trump Scripture itself when there is a conflict.

Liberale teologie gee dus normatiewe, of bepalende, status aan die beste van die moderne denke. Indien daar konflik is tussen die Skrif en die moderne denke, dan geniet moderne denke voorrang. Liberale teologie moet natuurlik verstaan word as ‘n uitvloeisel van die Verligting (Enlightenment) waar ‘n groep intellektuele probeer het om die gemeenskap te verander deur middel van die rede. Ek verstaan die doel van verligting in hierdie verband as ‘n poging om ‘n absolute objektiewe benadering tot die teks van die Bybel te hê sonder die vooropgestelde hindernis van die onfeilbaarheid van die Skrif en die grense van kerklike leerstellings.

Ek dink ons is geneig om liberale teologie eers negatief te beoordeel in die sin dat ons probeer sê waarteen hulle is of wat hulle nie aanvaar nie. Die Jesus Seminaar of Nuwe Hervormers kan onder andere onder die sambreelterm “liberale teoloë” geplaas word. Nie alle liberale teoloë verwerp egter, byvoorbeeld, die opstanding van Jesus nie. Die gevaar is dat ‘n mens so haastig raak om jouself te verweer teen wat hulle nie glo nie, dat jy die metode waarvolgens hulle werk miskyk. Die rede is liberale teologie se werkswyse. Hierdie metode behels dat ek net glo wat vir my sin maak. 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: