Ek het verlede Donderdag HIER verwys na die interessante tipe van metafoor waarmee die jeugleiers vir hierdie jaar vorendag gekom het. Die metafoor is CHRIST SCENE INVESTIGATORS. Die metafoor is gebaseer op die TV Reeks CRIME SCENE INVESTIGATORS of CSI. CSI’s ondersoek ‘n misdaadtoneel vir enige leidrade met betrekking tot die misdaad wat gepleeg is. Wanneer hulle dan die leidrade ‘n bietjie van naderby ondersoek, dan kan hulle op die ou end die oortreder identifiseer, opspoor en arresteer.
Ons is hierdie jaar CSI’s. Die enigste verskil is dat ons nie ‘n misdaadtoneel ondersoek nie. Ons ondersoek die Christus-toneel. Die toneel waar die opgestane Here Jesus lewend aan die werk is. Die aarde en alles daarop, die see en alles daarin, die ganse skepping is die werkplek van ons Here. Lees voort “CHRIST SCENE INVESTIGATORS”