Dinsdag-aand vra iemand: Mag ek net weet wanneer die koffietafel dan weer aan die gang kom? Nou ja, hier is die resultaat van daardie vraag. Laat ek gou verduidelik waarom dit Dinsdagaand was.
Ek is baie bevoorreg om ‘n lekker span volwassenes te hê wat elke jaar saam met die tieners van ons in gemeente reis. (Op enkele uitsonderings na is almal van hulle self ook ouers van tieners.) Die tieners praat van “journey.” Nou ja ons “journey” Dinsdae-aande in ‘n kleingroep en dan “journey” hulle weer Sondae-aande saam met die tieners in kleingroepe. Ons maak gebruik van KONTAK se materiaal wat ons soms so hier en daar bietjie aanpas vir ons eie gebruik. Lees voort “WAAR IS DIE KOFFIETAFEL?”