BELYDENIS VAN GELOOF

Belydenisklas 2013bPNGGister was vir ons gemeente‘n heerlike dag. ‘n Totaal van 26 Jongmense het belydenis van hulle geloof afgelê. As persoon wat die jongmense in die afgelope jaar begelei het, wonder ek altyd wat by hulle gaan vassteek uit al die gesprekke wat ons deur die jaar gehad het. Ek laat hulle aan die einde van die jaar gewoonlik vir my ‘n briefie skryf waarin hulle onder andere moet sê waarom hulle graag deel van die kerk van die Here Jesus wil wees en dan ook hoe hulle dink en voel oor Jesus Christus en die kerk. Die briefies gee dan vir my ‘n aanduiding van wat by hulle vassteek.

Hier is ‘n paar aanhalings uit van die kinders se briewe. 

“Hierdie is nog ‘n punt op my geloofsreis. Ek verstaan die implikasies van Christenskap in my daaglikse lewe. Ek sien kans daarvoor.” (HD Haasbroek)

“Ek wil my geloof uitleef as deel van ‘n gemeente waar ek veilig voel en saam met ander mede-gelowiges kan wees.” (Janus Brummer)

“Ek wil deel wees van God se “toolkit” waarmee Hy hierdie wêreld regmaak wat so dringend regmaak nodig het.” (Lisa van Blerk)

“Ek dink dikwels aan al die pyn en hartseer wat daar in die lewe is en dat my geloof vir my die “safe place” is. Ek wil deel wees van ‘n kerk wat ‘n “safe place” word vir mense wat seer het.” (Marisca Brink)

“Ek is die werk van God se hande. Ek is bestem om sekere goeie werke te doen. Ek wil daardie goeie werke doen omdat ek wil dankie sê vir alles wat Hy vir my gedoen het. ” (René Nel)

“Ek wil deel word van God se groter prentjie. Ek wil as volgeling van Jesus help om ander volgelinge van Jesus te maak.” (Ulrich Lombard)

Mag hulle hulle lewensreis voortsit met die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader en die teenwoordigheid van van die Heilige Gees elke dag onder alle omstandighede.

2 Kommentaar

Filed under Belydensaflegging, Die Christelike Lewe

2 responses to “BELYDENIS VAN GELOOF

  1. Christelle van der Walt

    Dit is wonderlik om hierdie pragtige jongmense se gevoelens te kon optel. Ds. Attie jy het ‘n groot invloed gehad op elkeen se lewe soos ons dit hier lees. Ons bid dat Onse Hemelse Vader hulle sal behoed en bewaar op hulle lewensreis vorentoe, sal toevou en beskerm met SY liefde. Ryke seenwense vir jou vandag Ds. Attie.

  2. Dankie dat daar soveel pragtige jongmense in ons land is. Met hulle sien ek kans om die toekoms in te gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s