Lukas 17:11-19 was gister in ons gemeente aan die orde. In antwoord op tien melaatses se versoek stuur Jesus hulle na die priester toe. Op pad na die priester ontdek hulle dat hulle gesond geword het. Een van die tien draai om terwyl hy God hardop prys en voor die voete van Jesus neerval en Hom dank. Op die ou end is Jesus se reaksie teenoor hierdie man:
“Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.” (Lukas 17:19)
Die Griekse woord (sesoken) wat met “gered” vertaal word, kan ook met “genees” vertaal word. Maar, dit is nie dieselfde genees (iathe) as in vers 15 nie. Die King James Bible vertaal die vers so:
“Your faith has made you whole.”
In die Interliniêre Grieks-Afrikaans Bybel vertaal Jan van der Watt ook die woord in die direkte vertaling met “genees.” Hoe dit ook al sy, hierdie een man wat dankbaar teruggedraai het, kry meer as die ander nege. Die ander nege is nog steeds genees, maar hierdie dankbare Samaritaan is meer genees as hulle. Hy is heel gemaak. Hy het ‘n meer omvattende genesing beleef wat met “gered” beskryf word.
Is dit moontlik?
In my voorbereiding vir Sondag-aand se preek ontdek ek toe die werk van Robert Emmons. Hy het navorsing gedoen oor The Science of Gratitude.
Wat behels dankbaarheid vir Emmons? Ek sou dit so saamvat:
- Kies om gelukkig te wees. Dankbaarheid begin by ‘n keuse of ‘n besluit om gelukkig te wees.
- Erken dat daar goeie dinge in die lewe en in die wêreld is en gebeur.
- Erken dat daar goeie dinge in MY lewe is en gebeur.
- Erken dat hierdie goeie dinge van buite myself kom en dat ek dit as ‘n “geskenk” ontvang het.
- Spreek jou dankbaarheid uit teenoor die “van buite” wat die oorsprong van die “geskenke” in jou lewe is.
Die navorsing wys op die volgende:
Recently scientists have begun to chart a course of research aimed at understanding gratitude and the circumstances in which it flourishes or diminishes. They’re finding that people who practice gratitude consistently report a host of benefits:
- Stronger immune systems and lower blood pressure;
- Higher levels of positive emotions;
- More joy, optimism, and happiness;
- Acting with more generosity and compassion;
- Feeling less lonely and isolated.
Op ‘n ander plek sê Emmons:
- Gratitude allows us to celebrate the present. It magnifies positive emotions.
- Gratitude blocks toxic, negative emotions, such as envy, resentment, regret—emotions that can destroy our happiness.
- Grateful people are more stress resistant.
- Grateful people have a higher sense of self-worth.
Alhoewel Emmons dit nie net op gelowiges van toepassing maak nie, reken hy tog dat indien mens in ‘n opperwese glo, kan die dankbaarheid aan die opperwese gerig word. Alhoewel God dus in sy groot genade sy seëninge oor alle mense uitstort, weet ek dit kom van Hom af en sê ek graag vir Hom dankie daarvoor en deur daardie dankbaarheid kan God ‘n meer omvateende genesing in my lewe bewerk.
In hierdie gebeure in Lukas 17:11-19 stort God sy seëninge uit oor tien melaatses. Een draai terug om dankie te sê en hy beleef ‘n dubbele seën dat hy nie net liggaamlik nie, maar na liggaam, siel en gees genees word. Sy geloof het hom daartoe gebring om nie net die seëning uit God se hand te aanvaar nie, maar ook dankbaarheid uit te leef.
Oor die algemeen sou ek dus sê dat Robert Emmons ontdek het dat dankbaarheid ‘n totale genesing of herstel tot gevolg het. As ons dit dan in die taal van die King James Version moet sê: “Your faith has made you whole.”
My wêreld Ds. Attie – Weet jy hoe lekker was dit nou vir my om weer iets mooi van jou tafel as te lees. Om die waarheid te sê was ook liggaamlik baie siek vir ‘n paar jaar maar die oomblik toe ek vir GOD sê ek kan nie meer verder so aangaan nie, het my genesing begin…….