RYK/ARM BY GOD

Die probleem wat Jesus met die ryk dwaas gehad het, was nie dat hy ryk was nie; ook nie dat hy groter skure gebou het nie; ook nie dat hy voorsiening gemaak het vir sy oudag of selfs vir ‘n vroeë aftrede nie; ook nie eers dat hy die lewe wou geniet nie. Nie een van daardie dinge nie. Jesus se probleem met die ryk dwaas was sy gierigheid. Jesus vertel juis die gelykenis om die mense te waarsku teen giergheid:

“Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid…” (Lukas 12:15)

Dan vertel Jesus die gelykenis en sluit dit af met:

“So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” (Lukas 12:25)

Jesus se oplossing is dat ‘n mens sal daarna strewe om ryk te wees by God.

Mens kan ryk wees in hierdie wêreld en arm by God. Daarvan is hierdie ryk dwaas in hierdie gelykenis ‘n baie goeie voorbeeld. Sy dwaasheid het te make met die woordjie “homself”.  In hierdie gelykenis word hierdie dwaas se selfgerigtheid beklemtoon deur sy selfsgesprek. Hy is die hele tyd in gesprek met homself en binne sy gesprek met homself het hy ‘n verdere gesprek met homself. Met ander woorde nie God of sy naaste word in berekening gebring wanneer hy oor sy voorspoed of oorvloed dink nie. Hy dink nie aan God wat aan hom die gawes, vermoëns, talente, vaardighede, geleenthede, ens gegee het nie. Hy is self die skepper van sy oorvloed.

Maar, sy naaste is ook nêrens nie. Nie sy werkers wat verseker ‘n groot aandeel moes gehad het nie. En ook nie ander wat in armoede en minder bevoorregte omstandighede moet lewe nie. Alles is net ek en myne en self. Dit maak hom arm by God. Hy is nie arm by God omdat hy ryk is in hierdie lewe nie. Hy is arm by God omdat hy doodeenvoudig nie God meer liefhet as enige anders nie en nie sy naaste liefhet soos hy homself liefhet nie.

Dalk kan mens die gelykenis omdraai en dan kan mens hoor hoe dit sou klink as iemand ryk is in hierdie lewe en ryk is by God.

Eendag was daar ‘n man wat op ‘n baie besondere manier deur God geseën is. Mens sou kon sê dat alles waaraan hy geraak het, in goud verander het. Alles wat hy aangepak het, was ‘n sukses. Op ‘n dag kry hy ‘n boodskap dat nog een van die dinge wat hy aangepak het, suksesvol was en dat hy ‘n baie groot wins gemaak het. Hy het vir homself gesê: “Wat op aarde gaan ek met al hierdie geld maak?” Hy het baie lank en deurdringend daaroor gedink. Einde laaste het hy vorendag gekom met ‘n plan wat selfs nog meer seën oor sy lewe sou bring. Hy het al sy boekhouers en bestuurders bymekaar geroep en vir hulle gesê: “Ek is meer geseënd as die meeste mense wat ek ken en nou het ek meer geld as wat ek ooit gedink het ek sal hê. Ek het nou besluit hoe ek my geld gaan belê sodat ek selfs nog meer kan kry. Ek wil alles wat ek besit, behalwe dit wat ek nodig het om ‘n eenvoudige dog gerieflike lewe te lei, in ‘n liefdadigheidstrust belê. Elke jaar moet helfte van die opbrengs na organisasies gaan wat vir honger mense kos gee en die ander helfte om gevangenisse wat vrygelaat word, en regtig op soek is na ‘n lewe sonder misdaad, te help om daardie oorgang te maak.”

Toe het die ryk man wat armer geword het vir homself gesê: “Ek is geseënd meer as wat ek ooit verwag het en nou is ek selfs nog meer geseënd.” Toe se God vir hom: “My seun, jy het baie skatte vir jou in die hemel opgaar. Jy was dalk arm in die oë van mense, maar jy is ryk by God. Kom en leef in die vreugde van jou Here en jou God.”

3 Kommentaar

Filed under Gelykenisse

3 responses to “RYK/ARM BY GOD

  1. Dankie Attie, ek deel graag op facebook en my gemeentelede geniet jou skrywes baie!

  2. Marjolijn Joosten

    Dit is een gesonde,goede oërdenking.Die blyf my by, die maak my denk.Dankie!

  3. Christelle van der Walt

    Ek sien Ds. draai hierdie onderwerp al die kante toe, amper in 3D formaat. As ek hier moet skryf wat ek werklik al beleef het sal die rykmense my seker doodgooi met geld. Goeie skryf-werk, dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s