WAW! ONS IS ARM

Al ooit gewonder onder watter omstandighede leef die meeste mense in die wêreld. Jy kan dalk die volgende oefening doen om iets daarvan te beleef:

  • Neem al die meubels uit jou uit – los net een tafel en ‘n paar stoele. Gebruik ‘n kombers as bed.
  • Vat al julle klere weg, behalwe elkeen se oudste rok, broek, hemp, bloes en/of jas. Net een paar skoene per pesoon.
  • Maak leeg die koskas, die yskas en die vrieskas. Los net ‘n klein sakkie meel, bietjie suiker, ‘n paar aartappels, bietjie uie en droë bone.
  • Breek die badkamer uit; draai die water buite die huis toe.
  • Verwyder al die elektriese toerusting wat daar in jou huis is. Sakel die hoofskakelaar af.
  • Vat die huis self weg – trek in iets so groot soos ‘n enkel motorhuis in.
  • Trek uit jou omgewing uit na ‘n plek waar jy in ‘n tydelike struktuur bly en waar daar geen teerstrate is nie.
  • Kanseleer al jou koerante en tydskrifte. Dit behoort nie te groot probleem te wees nie, niemand van julle kan in elk geval lees nie
  • Raak ontslae van TV’s, selfone, rekenaars en al jou elektroniese toebehore – een radio vir die hele gemeenskap.
  • Skuif die naaste hospitaal of kliniek een dag te voet weg van jou af. Vervang jou huisdokter met ‘n vroedvrou.
  • Gooi al jou bankkaarte weg. Julle gesin het ongeveer R100 kontant wat iewers weggesteek is.
  • Gee vir jouself ‘n stukkie grond waarop jy iets soos R5000 per jaar verdien uit jou oes uit. Betaal ‘n derde daarvaan aan huur en 10% aan “loan-sharks”
  • Verminder jou lewensverwagting met 25 jaar. (Robert Heilbroner, The Great Ascent)

Toe ek Sondagaand vir die tieners in die belydenisklas hierdie lees en hulle vra om hulleself in die situasie in te dink, kon hulle dit nogal redelik goed regkry. Toe ek vra watter emosies die gedagtes by hulle laat opkom, was dit gedagtes soos: Ek is baie dankbaar vir wat ek het; Ek is verskriklik jammer vir mense wat so moet lewe; Wat sou ons kon doen om die lewe vir sulke mense beter te maak.

In Jesus se gelykenis oor die ryk dwaas, moet ons hierdie prentjie in gedagte hou. Wanneer mens so selfbehep raak (Soos die ryk dwaas in die gelykenis) dat God en my naaste nie meer saak maak nie, hou ek op om deel van die antwoord te wees en dan moet ek deels verantwoordelikheid aanvaar vir die geweldige armoede waarin die wêreld vasgekeer is.

Aan die ander kant maak goeie rentmeesterskap, my deel van die oplossing en nie deel van die probleem nie. As ek daarin kan slaag om ‘n goeie rentmeester te wees. dan hoef ek nie vir een oomblik skuldig te voel oor my relatiewe rykdom nie.

3 Kommentaar

Filed under Gelykenisse

3 responses to “WAW! ONS IS ARM

  1. Christelle van der Walt

    Mooi gestel Ds. Attie – die wat laaste is: die laagste op die wêreld se leër sal die hoogste gereken word in die Koningkryk van GOD. Ek sien dit net as nog ‘n instrument van Satan gebruik om mense te onderdruk en seer te maak.

  2. Werner Olivier

    Twee interessante skrywes,Attie.Ek het oor ‘n tydperk van 30 jaar met seker al die moontlike inkomste groepe te doen gekry, en wat my opgeval het,is die feit dat ‘n mens ryk en arm mense kry wat eenvoudig nie met geld kan werk nie.Ek glo dat ‘n mens ‘n talent gekry het om ‘n goeie rent-
    meester te wees,maar dit kan wel aangeleer word,en is binne elkeen se bereik.Jy kry mense wat goed geld kan maak,maar wanneer dit by die bestuur daarvan kom,is daar ‘n gebrek aan dissipline en kennis.Ek het arm mense gesien wat weer met geld kan werk,en so kan oorleef.

    Groetnis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s