WAW! ONS IS RYK!

Ek het gister uit Lukas 12:13-21. Jesus vertel die gelykenis van die die ryk boer wat op die einde nie ryk was by God nie. As deel van my voorbereiding het ek bietjie gaan kyk hoe ryk ons werklik is. Ek het by voorbeeld gaan kyk na THE GLOBAL RICH LIST se webblad. Op die blad is daar plek waar jy jou maandelikse salaris kan in tik en dan plaas die webblad jou op die posisie van rykste persone in die wêreld.

Ek het verlede jaar ‘n opname in ons gemeente gemaak oor onder andere die inkomste van die mense wat eredienste bywoon. Uit die Volgens die opname is dit heel realisties om te sê dat R250000 per jaar die gemiddelde inkomste  in ons gemeente is. Iemand met so ‘n inkomste is in die top 0.42% van die rykste mense in die wêreld en die 28 036 421ste ryk persoon in die wêreld. Met ander woorde 6.72 biljoen mense in die wêreld verdien minder as so ‘n persoon.

So ‘n persoon werk teen R130.21 per uur terwyl die gemiddelde arbeider in Ghana vir R0.48 in dieselfde tyd werk.

Dit sal die gemiddelde Zimbabwier 42 jaar neem om die bedrag van R250 000 (in hierdie geval jaarlikse salaris) te verdien.

Iemand wat R250 000 per jaar verdien maak elke 2 minute genoeg geld om ‘n blikkie Coke te koop. Die gemiddelde werker in Indonesië sal 2 ure moet werk daarvoor.

Iemand wat R250 000 per jaar verdien sal die jaarlikse salaris van 161 dokters in Kazakstan kan betaal. 

In die gelykenis wat Jesus vertel, gaan dit natuurlik nie oor die veroordeling van rykdom nie. Jesus het dit teen gierigheid. Gierigheid is baie dinge, maar dit is onder andere om alles en soveel as moontlik net vir myself te wil hê. Die oplossing vir gierigheid is nie om “rykes” skuldig te laat voel en die hele tyd slae te gee omdat hulle so ryk is nie. Die oplossing vir gierigheid is Rentmeesterskap. Maar, nou mag die kerk nie oor geld praat nie. ‘n Dominee preek dalk een keer in twee of drie jaar oor geld, dan hoor jy: Die ddominee praat net oor geld, of: Dit is net eN Gee, eN Gee, eN Gee. In die proses word God se stem oor hierdie baie belanrgike saak net meer en meer uitgedoof en is die enigste stemme wat die “rykes” hoor die stemme van die wêreld.

In sy  1987 film “Wall Street,” het Oliver Stone ‘n ikoon van gierigheid en oorvloed geskep in die karakter Gordon Gekko, gespeel deur  Michael Douglas. Michael Douglas het ‘n Oscar gewen vir die beste akteur vir sy rol in die film. Vyf en twintig jaar later onthou mense steeds Gekko’s se toespraak voor Teldar Paper se aandeelhouers: (Jy kan HIER na sy toespraak op YOUTUBE gaan kyk.)

“The point is, ladies and gentleman, that greed — for lack of a better word — is good. Greed is right. Greed works. Greed clarifies, cuts through, and captures the essence of the evolutionary spirit.

Greed, in all of its forms — greed for life, for money, for love, knowledge — has marked the upward surge of mankind.

And greed — you mark my words — will not only save Teldar Paper, but that other malfunctioning corporation called the USA.”

Ongelukkig is dit hoe die stem van hierdie wêreld klink.

Jesus waarsku teen gierigheid in hierdie gelykenis.

3 Kommentaar

Filed under Gelykenisse

3 responses to “WAW! ONS IS RYK!

  1. Christelle van der Walt

    Ja ek stem saam dit is net soos jy hier sê Ds. Attie. Solank GOD die finansiële bestuurder met jou geldsake is sal jy nooit ‘n verkeerde transaksie doen nie.

  2. Christelle van der Walt

    As mens te vrede is met wat jy het sal aardse waardes vir jou niks werd wees..

  3. Linda

    Ai, hoe vat Ds nou my gedagtes na jare terug. “Ja sy het van alles 2 of meer” sou iemand oor my sê – en dit was die waarheid. En so het mens opgegaar. Vandag is dit anders, soveel beter met soveel minder van die aardse goed – soveel beter met Hom in my hart. Hoeveel kos dit vandag om ‘n ‘fliek’ te gaan kyk? Is ons bereid om te betaal om na die ware boodkap te gaan luister? Die boodskap wat soveel vrede en vreugde bring? Is dit nie waarna ons almal smag nie? Dankie vir die Kerk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s