Ek het met my vorige inskrywing ‘n kort reeksie begin oor hoe ‘n mens dalk jou tyd alleen met God kan inkleur. In die inskrywing het ek probeer fokus op die begin en dan die belangrike rol van belydenis en vergifnis in my tyd met God. Vandag gaan dit oor LOF EN DANKSEGGING.
LOF het te make met die karakter en die wese en die grootheid van God. In hierdie gedeelte van my gebed gee ek erkenning vir wie God vir my is en ook wie God vir ander is. Lof is wanneer ‘n mens jou agting en respek vir iemand uitspreek. Met lof besing jy eintlik ‘n persoon se positiewe waardes en eienskappe. Die uitdaging is byvoorbeeld om nie die woordjies lof of loof of prys in hierdie deel van die gebed te gebruik nie.
‘n Voorbeeld van so ‘n gebed na aanleiding van Eksodus 34:6-7 (Sien Die Boodskap) is: Lees voort “LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Lof en Dank)”