WATTER TAAL PRAAT MENSE VANDAG?

Brain and clichesDie Christelike godsdiens en kerklike termilogie is vol standaard uitdrukkings. Uitdrukkings wat ons onnadenkend gebruik sonder om regtig oor die betekenis daarvan te dink. Dink maar aan die uitdrukking “geregverdig deur geloof.” Ek het onlangs weer met iemand gesels wat heeltemal verward was oor die gebruik van die uitdrukking “stem van die Here”. Watter impak het sulke uitdrukkings op die brein?

Navorsers in Spanje het gevind dat wanneer die brein vertroud raak met sulke standaard uitdrukkings, word dit vir die brein niks anders as net woorde nie. Die krag van die oorspronklike betekenis gaan heeltemal verlore. Ek kan my net indink aan die eerste keer toe die gemeente in Rome moes hoor Paulus gebruik die beeld (metafoor) van ‘n hof, wat hulle goed geken het, en dit wat daar gebeur om te veruidelik wat dit is wat Jesus vir hulle gedoen het.

In die Romeinse regskultuur het geregverdig beteken dat die regter al die bewyse teen die die persoon wat aangekla is oorweeg het, na beide die aanklaer en die advokaat vir die verdediging geluister het, en dat die regter die persoon as onskuldig verklaar het. ‘n Kragtige metafoor wat deur die loop van die jare betekenis verloor het omdat ons dit gesê het sonder om twee keer daaroor te dink.

Die uitdrukking “stem van die Here” het binne sekere kringe ook so ‘n standaard uitdrukking geword, dat mense nie dink wat hulle sê nie. Vir ‘n buitestaander  wat nie in die taal van die binnekring ingelyf is nie, is dit egter ‘n geweldige ding om te sê. Natuurlik bedoel niemand (ek hoop ten minste so) dat dit ‘n hoorbare stem is wat in ‘n mens se oor praat nie, maar vir iemand wat dit nie weet nie, is die gedagte van die stem van die Here ‘n ontstellende en ontsagwekkende gedagte. Hulle dink net nooit daaraan dat dit eintlik maar dieselfde manier is waarop God met hulle kommunikeer nie.

Hierdie waarheid het natuurlik weereens ‘n reuse impak op die prediking. Vermy “cliché’s” en vertel stories.

Sondag vertel ek in ‘n kinderpreek die ‘storie” van die weduwee van Nain?

Maar watter taal praat ons mense dan vandag? By ‘n ontbyt wat ek Saterdag-oggend as gas van e-kerk bygewoon het, het Leonard Sweet gesê vandag se mense praat “narraphor”. “Narraphor” is ‘n mengsel tussen narratief en metafoor. Mense wil stories hoor wat met behulp van ‘n metafoor oorgedra word.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: