HOEKOM HOU ONS SO BAIE VAN STORIES?

Brain and stories‘n Paar weke terug het ek as inleiding tot my preek die storie vertel van Thomas Carlyle en sy vrou. Ek was weereens verstom hoe uiters aandagtig die mense geluister het terwyl ek die verhaal vertel. Ek het net weereens besef dat stories altyd ‘n belangrike rol speel in kommunikasie. Die vraag is egter hoekom is stories so waardevol en maak dit so ‘n groot impak op mense.

Die diagram waarna ek gister ook verwys het, verduidelik hoe die navorsing van die Princeton Universiteit die impak van stories verstaan.

Wanneer ‘n gemeente na ‘n preek luister met PowerPoint aanbieding is daar twee dele van die brein wat gestimuleer en geaktiveer word, naamlik die Broca’s area en die Wernicke’s area. (Ek is nie seker of dit die korrekte Afrikaanse terme is nie.) Die twee dele van die brein het hoofsaaklik te make met die verwerking van taal en woorde word omgesit in betekenis.

Maar, wanneer ‘n storie vertel word, is dit heeltemal ‘n ander “storie”. Die deel van die brein maak dat ‘n mens nie net die woorde en die storie hoor nie, maar dit ook beleef. Die wetenskaplikes het egter ook bevind dat die vertel van stories, emosies, gedagtes en idees in die brein van die luisteraar kan plant. Soveel so dat die een wat die storie vertel en die wat luister se breine gesinkroniseer geraak het.

Ek het nog altyd gewonder hoekom volwassenes kindepreke so geniet. Kinderpreke behels dikwels dat die Bybel-verhale oorvertel word. Wanneer dit gebeur word die volwassene se brein ook op so ‘n manier gestimuleer, dat hulle die verhaal of die storie beleef asof dit met hulleself gebeur het.

Ek moet Sondag ‘n kinderpreek doen. Sonder twyfel gaan ek die storie oorvertel.

3 thoughts on “HOEKOM HOU ONS SO BAIE VAN STORIES?

Add yours

  1. Een keer lank, lank gelede sommer op die ou Pukke ‘n soortgelyke lesing bygewoon wat gehandel het oor die onderwerp en dit is eintlik baie eenvoudig. As mens net luister werk net een sintuig. As mens luister en sien, werk twee en is dus effektief 2x beter. As mens luister. Sien en skryf werk drie sintuie gelyk en dan vier die kar op al sy silinders. As mens nou nog hardop praat en herhaal wat gesien (lees), gehoor en neerskryf, is dit ‘n resep vir ‘n onderskeiding. Alles gaan net oor die mees effektiewe aanwending vsn meer as een sintuig in ‘n spesifieke omstandigheid. Dit is soos om te gaan fliek. Stel jou voor ‘n fliek sonder klank of ‘n fliek sonder ‘n beeld. Daar kom egter nog twee onbekende faktore by en dit is konsentrasie en belangstelling, maar daaroor wil ek nie nou praat nie. Ja, Attie hoe meer sintuie ingespan kan word, hoe beter die resultaat en as jy nog belangstelling en konsentrasie kan inwerk is die resultaat: Die dominee het darem vandag ‘n wonderlike boodskap gehad!!!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: