Ek stel elke Sondag wanneer ek preek vir mense ‘n preekraamwerk beskikbaar. Die preekraamwerk het dan plek waar mense woorde kan inskryf en selfs hulle eie aantekeninge van die preek maak. Pas nadat ek tot bekering gekom het, het my geestelike mentor my aangemoedig om aantekeninge te maak van al die preke of Bybelstudies waarna ek luister. Wanneer ek lesings bywoon of na iemand luister, maak ek steeds vuriglik aantekinge.
Ek loop toe hierdie week hierdie diagram raak van navorsing wat deur wetenskaplikes by Princeton Universiteit gedoen is met betrekking tot dit wat in ‘n mens se brein gebeur wanneer jy skryf terwyl jy luister. (As jy op die diagram “click” dan word hy bietjie groter.)
Wat ek aflei is hoe meer van die brein ‘n mens gebruik wanneer jy byvoorbeeld na ‘n preek luister, hoe meer effektief is die preek. Wanneer jy na ‘n preek luister word die frontale en parientale lob van die brein gestimuleer. Om aantekeninge te maak het nie net tot gevolg dat veral die frontale lob dan dubbel gestimuleer word nie, dit simuleer ook ‘n deel van die brein wat andersins nie gestimuleer sou word nie.
Op die diagram staan daar: “When you are writing something down with a pen and paper, you are stimulating a collection of cells in the base of your brain known as the reticular activating system. The RAS is the filter for all of the information your brain needs to process and it gives more attention to what you are currently focusing on.”
Ek het verlede Saterdag na ‘n ontbyt bygewoon waar Leonard Sweet die spreker was. Oudergewoonte het ek aantekeninge gemaak terwyl hy gepraat het. Oppad huistoe kon ek in my gedagtes weer deur sy lesing gaan en ek was weereens verbaas vir hoe baie ek onthou het van alles wat hy gesê het.
More skryf ek iets oor die impak van stories op die brein.
Goeiemore Ds! Ek het voorheen nooit aantekening van preke gemaak nie, tot ons met die 1ste 40 dae in die Woord veldtog van Rick Warren begin het. Toe het ek begin notas neem van jou preke. Ek sal nou nie kan sê ek sal jou preke kan teruglees vir iemand nie, maar tog is die kriptiese notas vir my as persoon van waarde. Dit hou my aandag deurentyd by die preek en keer dat ek nie die “draad” verloor nie. Ek kan tog teruggaan in my notas en so sien wat die kernboodskap van ‘n gedeelte in die Skrif is. Dankie vir jou en elke dag se boodskap. Bogenoemde is interessant en is ek bly my brein kry darem so bietjie oefening met die nota-nemery! 🙂
Ek gaan gwoonlik ‘n dag of twee nadat ek die aantekeninge gemaak het terug en probeer dan weer sin maak daaruit. Ek is altyd verbaas oor hoeveel dinge ek binne die eerste twee dae weer vergeet het, maar as ek net een keer weer daaraan herinner is, dan onthou ek dit baie beter.