‘N LITANIE VIR MOEDERSDAG

Ek het hierdie aangrypende stuk: An open letter to pastors {A non-mom speaks about Mother’s Day} in hierdie week gelees. Ek wil nie die stuk herhaal nie, so elkeen moet dit dalk maar self gaan leer. Ek het soortgelyke ongemak verlede jaar met moedersdag beleef. Einde laaste het ek al die vrouens laat opstaan het, nie net die ma’s nie.

Na aanleiding van die stuk het ek besluit om ‘n litanie te skryf vir moedersdag. ‘n Litanie vir waaghalsige dominees.

Voorganger: Aan die wat hierdie jaar aan hulle eerste kind geboorte gegee het…

Gemeente: Ons juig saam met julle.

Voorganger: Aan die wat hierdie jaar ‘n kind aan die dood moes afstaan…  Lees voort “‘N LITANIE VIR MOEDERSDAG”

KAN ‘N GOD VAN LIEFDE DAN KWAAD WORD?

In die gesprekke oor die Nuwe Jerusalem en die ewige lewe en die hel, of die tweede dood, het ek nogal opgetel dat sommige dink dat die hel dan die gevolg is van God se toorn of woede en dat God dan nou in die hel kans kry om Hom op die arme sondaars te wreek. Onder andere het ek die vraag gekry:

Kan ‘n God van liefde kwaad word?   

Die vraag sluit natuurlik aan by ‘n hele paar Ou Testamentiese tekste wat verwys na God se toorn (Engels – wrath), dalk selfs Jesus se optrede in die tempel wanneer Hy die tafels van die geldwisselaars omgooi. Lees voort “KAN ‘N GOD VAN LIEFDE DAN KWAAD WORD?”

DIE HEL, DIT IS DIE TWEEDE DOOD

Ek het dit toe gewaag om Sondagaand oor die hel te preek. Vir die eerste keer in my hele lewe was dit die tema van ‘n preek. Ek het eintlik geen keuse gehad nie. Ons het ‘n kort reeksie uit Openbaring gedoen. Die teks waarby die tieners in die belydenisklaas verlede week vasgesteek het, was Openbaring 21:8:

“Maar die wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” (Openbaring 21:8)

Hierdie week was Openbaring 21:27 deel van die teks wat ons gelees het:

“Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskryf is.”

Die probleem het ontstaan toe daardie groep tieners begin om uit te werk wie dit dan nou op die ou end is wat in die poel van vuur en swael gaan beland, of dan nou, die tweede dood gaan beleef. Lees voort “DIE HEL, DIT IS DIE TWEEDE DOOD”

HIER IS EK STUUR MY

In sy boek Reversed Thunder maak Eugene Peterson hierdie opmerking:

“We enter heaven not by escaping what we don’t like, but by the sanctification of the place in which God has placed us.” (Eugene Peterson)

Soms klink die goed wat skrywers sê net so ongelooflik mooi, maar mens wonder soms in die praktyk hoe prakties uitvoerbaar is. Om iets te “sancitify” beteken om iets te heilig. Peterson se opmerking beteken dus dat ons die plek waar ons is moet heilig. Mooier gestel: Ek heilig iets wanneer ek iets van God se goedheid daaroor en daarin sigbaar maak.  So nou en dan hoor ‘n mens ‘n storie wat jou laat besef dit is nie so onprakties en onuitvoerbaar nie.

Ek het onlangs te hore gekom van die boek: “29 Gifts: How a Month of Giving can Change Your Life.” Lees voort “HIER IS EK STUUR MY”

DIT HET ALLES KLAAR GEBEUR

Een van die verassende uitsprake in Openbaring is in Openbaring 21:6. Nadat Johannes die nuwe hemel en die nuwe aarde gesien het, hoor hy die stem van die Here wat sê:

“Kyk, Ek maak alles nuut … Dit het klaar gebeur.” (Openbaring 21:5+6)

Hierdie vers het my lank laat dink. Wat wil die Here in hierdie woorde vir ons sê? Totdat ek aan 2 Korintiërs 5:17 gedink het. Daar staan:

“Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

Ek is ook reeds ‘n nuwe skepping. Baie mense rondom my gaan sekerlik vir my sê: “Wel, indien dit waar is, slaag jy baie goed daarin om dit weg te steek.” 😉 Maar, dit maak dit nie minder van ‘n werklikheid nie. Ek is deur die genade van Christus ‘n nuwe skepping wat by sy wederkoms in ‘n oogwink verander gaan word om net soos Hy te wees.

“… ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees.” (1 Johannes 3:2)

Hierdie is tog ‘n geheimenis wat ons nie in hierdie lewe ten volle kan verstaan nie. Soos ek die Bybel verstaan is God oral rondom ons aan die werk. Jesus Christus het belowe dat Hy tot die einde by ons sal bly en op Pinksterdag het God aan ons die Heilige Gees gegee. En hemel beteken nie vir my daar ver nie. Hemel is waar God is. En God is in ons, om ons en dikwels ook deur ons.

God het my reeds nuut gemaak. Ek wag net dat dit vir almal sigbaar gemaak kan word.

Ek dink onwillekeurig aan die gebeure in Nederland die afgelope week. Die koningin het geabdikeer en haar seun is nou koning. Ek wonder hoe lankal weet haar seun dat sy gaan abdikeer en dat hy gaan koning word. En selfs nadat sy dit aangekondig het, moes daar eers sekere dinge gebeur voordat die twee saam op die balkom kon verskyn en hy as die nuwe koning verwelkom kon word.

Ek, en elke ander gelowige is dieselfde manier reeds nuutgemaak. Ons wag net vir die amptelike aankondiging. Die nuwe hemel en die nuwe aarde is reeds in so ‘n mate ‘n werklikheid dat die proses op geen manier gestop kan word nie.

Dit het alles klaar gebeur.

Wonderlike God wat ons aanbid.

OPENBARING:ALLES NUUT – DIESELFDE MAAR OOK NIE DIESELFDE

Ek preek eerskomende Sondag die laaste keer vir hierdie kort reeks uit Openbaring uit. Hierdie keer uit Openbaring 22 oor die Nuwe Jerusalem. Intussen werk my gedagtes nog met verlede week se preek ook. Ek dink byvoorbeeld dikwels hierdie week aan die hele gedagte dat God alles nuut sal maak.

“Toe sê Hy wat op die troon sit: ‘Kyk ek maak alles nuut.'” (Openbaring 21:5)

Ek dink dikwels oor hierdie nuutmaak. Lees voort “OPENBARING:ALLES NUUT – DIESELFDE MAAR OOK NIE DIESELFDE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑