WHAT’S NEXT PAPA?

Sondagaand wys my vrou, Renate, vir my hierdie snit op YOUTUBE:

Ek dink toe aan hierdie storie wat ek verlede week in Communitas se preekstof gelees het.

Walter Larimore  vertel van ʼn keer dat hy en sy vrou, Barb, by vriende gaan kuier het, Die vriende se buurman het ‘n jong  golden retriever gehad wat in die agterplaas ingeperk is deur ʼn elektroniese heining.  Die heining het ʼn ondergrondse kabel wat die hond ʼn ligte skok gegee het as dit te naby aan die ondergrondse kabel gekom het. Daarom het die golden retriever in die agterplaas gebly. Veilig, nooit ʼn poging tot ʼn weglopery nie, maar tog was daar ʼn verlange na die strand wat daar naby was.

Die Larimores het saam met hulle vriende een dag op hulle agterstoep gesit toe mense met ʼn paar klein hondjies op die strand aankom. Kort voor lank het die hondjies stokke gejaag en in die vlak water van die see rond baljaar.

Larimore het gekyk hoe die golden retriever se ore spits en haar stert entoesiasties gewaai het, terwyl sy gekyk het hoe die hondjies rondhardloop! Sy het stilletjies gekruip na die ondergrondse kabel van die onsigbare heining. Die retriever het geweet waar sy hoort en dit was nie binne die veiligheid van die agterplaas nie. Haar hele wese wou wees waar die klein hondjies was…

Larimore het gewonder of sy die oombliklike skok sou waag vir die vryheid van die strand?  Was die herinnering aan die pyn wat sy in die verlede al ervaar het heeltemal te groot?

Uiteindelik het die familie met hulle klein hondjies terug na hulle huis toegeloop en die retriever het neergeval en letterlik gekerm-sug het Larimore verklaar.

Die volgende môre het Dr. Larimore met die hond se eienaar ʼn geselsie aangeknoop en sommer sy waarnemings van die vorige dag met hom gedeel. Die eienaar van die retriever het kliphard gelag en gesê: “Jy weet ons het die heining al drie weke gelede afgeskakel!”

Larimore het skoon hartseer namens die arme hond gevoel. Dit was die pyn van die verlede wat die hond vasgebind gehou het. As sy net geweet het, kon sy vry gewees het om te wees waarvoor sy geskep was.

Dit gebeur ongelukkig nie net met golden retrievers nie. Dit gebeur met Homo Sapiens ook.

Pinksterdag is die begin van ons vryheid. Die Heilige Gees nooi ons uit om te kom speel in die vryheid wat Jesus Christus vir ons bewerk het. Eugene Peterson se vertaling van Romeine 8:14-16 is so mooi:

God’s Spirit beckons. There are things to do and places to go! This resurrection life you received from God is not a timid, grave-tending life. It’s adventurously expectant, greeting God with a childlike “What’s next, Papa?” God’s Spirit touches our spirits and confirms who we really are. We know who he is, and we know who we are: Father and children.

Nou toe, kom ons gaan speel.

Lewer kommentaar

Filed under Pinkster

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s