POST-CHRISTENDOM – GOD IS DOOD!

Ek onthou hoe die “god -is-dood-teologie” in my studiejare ons met baie vrae gelaat het. Die term het sy waarskynlik sy ontstaan gehad by die Franse teoloog Gabriel Antoine Vahanian. Hy was ‘n gereformeerde Calvinis en besondere kenner van Karl Barth en het ook een van Barth se werke vertaal.

In sy eerste boek The Death of God, wat in 1961 verskyn het, het hy die punt gemaak dat die moderne sekulêre kultuur in die Westerse beskawing sy rug reeds op God gedraai het. Vir Vahanian het die dood van God aangebreek toe God net nog een van die kultuurgoed van ‘n gemeenskap geword het.

In sy boek Wait Without Idols wat in 1964 verskyn het, skryf hy soos volg:

The Christian era has bequeathed us the ‘death of God,’ but not without teaching us a lesson. God is not necessary; that is to say, he cannot be taken for granted. He cannot be used merely as a hypothesis, whether epistemological, scientific, or existential, unless we should draw the degrading conclusion that ‘God is reasons.’ On the other hand, if we can no longer assume that God is, we may once again realize that he must be. God is not necessary, but he is inevitable. He is wholly other and wholly present. Faith in him, the conversion of our human reality, both culturally and existentially, is the demand he still makes upon us. (Vahanian, 1964: p. 46)

Wanneer God as vanselfsprekend (taken for granted) aanvaar word en net iets wat ons kan bedink (merely as a hypothesis) en Hy nie meer vir ons ‘n werklikheid is waarmee rekening gehou word (we can no longer assume that He is) dan is God vir ons dood. Ek dink hierdie opmerking is krities as mens Vahanian wil verstaan: God is is nie noodsaaklik (necessary) nie, God is anafwendbaar (inevitable).

Sommige mense dink God is onnodig of bestaan selfs nie. Meer vroom mense reken dat God noodsaaklik is – “Ek kan nie sonder God lewe nie.” As Christene bely ons eerder dat God bestaan en dat dit onafwendbaar is dat jy op een of ander stadium op so ‘n manier met Hom in aanraking gaan kom dat jy nie anders sal kan as om ernstige oorweging oorweging te skenk aan wat jy met die ewig aanwesig en teenwoordige God gaan maak nie.

Op die ou end het ek dit so verstaan: Vahanian het nie probeer sê dat God dood is nie. Vahanian het ‘n opmerking gemaak oor die kultuur waarin die Westerse beskawing homself al hoe meer bevind het. Die Westerse beskawing was ‘n beskawing wat al hoe meer begin lewe het asof God dood is. 

Maar “post-Christendom” beteken ook meer as dit. Post-Christendom beteken ook dat mense wel aan die waardes van die Christendom vashou maar nie met Christendom as instansie, beweging of dan met Jesus geassosieer wil word nie.

Volgens navorsing wat deur die Barnagroep gedoen is, blyk dit dat 28% van mense (uit 43 000 respondente) wat hulleself as Christene beskou, eerder as “moderate” (matig) post-Christendom beskryf kan word terwyl 9% “high” (hoog) op die post-Christendom skaal sal meet. Hierdie navorsing is gebaseer op 15 verskillende vrae wat hulle die respondente gevra het.

Byvoorbeeld:

Het nie in die laaste jaar tot God gebid nie (18%);

het nie die Bybel in die laaste week gelees nie (57%);

beskou geloof nie as ‘n belangrike deel van hulle lewe nie (13%)

en was nie in die laaste jaar in ‘n Christelike kerk nie (33%).

Die mense wat dan aan 9 van die 15 kenmerke voldoen het, is as matig post-Christendom beskryf terwyl die wat op 12 of meer van sulke vrae positief geantwoord het, as hoog post-Christendom  beskryf is.

Hoekom noem ek dit? Ek het in Maandag se inskrywing verwys ek na die 70-80% van NG lidmate wat op die boeke is, maar nie meer eredienste bywoon nie. Mens sou nou van die veronderstelling kon uitgaan dat dit ten minste redelik maklik sou wees om daardie mense (weer???) terug te kry in die kerk. Wat ons as dominees dikwels hoor is, as ons net weer gaan huisbesoek doen soos in die ou dae, gaan die mense agterkom ons gee vir hulle om en hulle gaan weer kerk toe kom.

Ek wonder oor so ‘n benadering. Ek geniet dit om by mense uit te kom en met hulle te kuier en hulle beter te leer ken. As ons veronderstel dat iets soos huisbesoek en terugkeer na die bediening soos dit voorheen gedoen is, die oplossing gaan wees, wat maak ons met die post-Christendom kultuur wat sekerlik ook sy angels in die NG lidmate ingeslaan het oor die laaste 50 jaar? In ten minste die voorstedelike NG Gemeentes, soos ons, het ons te make met die hoë middelklas met bvetrekking tot inkomste en opleiding. Hierdie mense is waarskynlik daagliks in gesprek met volbloed post-Christendom mense uit alle moontlike kulture. Ek kry soms die gevoel dat hierdie mense lewe en bestaan binne ‘n “God is dood” kultuur.

Ek dink dissipelskap vir die post-Christendom era, sal hierop moet fokus: Hoe leef ek as volgelinge van die Here Jesus in ‘n “God is dood” konteks? Hoe leef ek op so ‘n manier dat die Een in wie ek glo en wie ek dien deur hierdie mense gesien word as deel van die oplossing en nie deel van die probleem nie?  Hoe kan ek die gedagte dat God lewe iets meer maak as net ‘n belydenis van my hart en met my verstand?

Ons sal goeie lidmaat wees nuut moet definieer. ‘n Goeie lidmaat kan nie meer die een wees wat by die meeste aksies betrokke is en die meeste kommissie-vergaderings bywoon nie. Ons sal nuut moet antwoord op die vraag: Wat verwag ons van ‘n lidmaat van ons gemeente?

Dit lyk vir my ons maak soms asof mense opgehou het om kerk toe kom en glad nie met die internasionale  kultuur van die “global-village” in aanraking was nie. Ons maak asof hulle 20 jaar terug ophou kerk toe kom het en nooit weer gedink het oor die redes waarom hulle opgehou het om kerk toe kom nie. Ons gaan met iets soos huisbesoek probeer om die post-moderne, post-Christendom mens, met ‘n moderne, Christendom aanslag te oorreed om weer kerk toe te kom.

Met ander woorde, ons gaan besoek hierdie mense met die boodskap: Ons het maar net vir jou kom sê, die kerk staan waar hy nog altyd gestaan het. Jy kan nou maar weer terugkom.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink die pastorale versorging van individue is belangrik en ek dink die kerk het ‘n wonderlike geleentheid om mense by die oorgangstye, drumpel-momente, (dood, kinders se geboorte, trou, veroudering, matrikulering, graduering, ens.) in hulle lewe te bereik en weer bewus te maak van die gemeenskap van gelowiges.

Maar, om te dink ‘n uitnodiging deur ‘n dominee of ‘n ander persoon van die gemeente gaan genoeg wees om hierdie post-Christendom vloed te keer, is wensdenkery. Ek dink dit is wat met die “attractional” aanslag bedoel word, wat nie meer in ons tyd sal werk nie. Die kerk in die Arikaanse gemeenskappe het ‘n kultuurgrens om oor te steek. Die kultuurgrens wat ons moet oorsteek is die grens tussen Christendom en post-Christendom.

Maar, ons kan nie ‘n grens oorsteek wat ons dink nie bestaan nie.

2 Kommentaar

Filed under Die Kerk

2 responses to “POST-CHRISTENDOM – GOD IS DOOD!

  1. Werner Olivier

    Attie, ‘n baie insiggewende skrywe.Ek wil net vir ‘n wyle stilstaan by punt 5 van Johan se kommentaar,hoekom sommige denominasies vinniger groei as ons.(NG Kerk)Ek praat nou van die”attractional” model.Na my mening,
    moet hulle iets doen wat ons nie doen nie.As ‘n Kerk groei dan kry die lede iets daar wat dan nie by ons beskikbaar is nie.Ek dink om daaroor navorsing
    te doen kan baie interessant wees.
    Dat die Kerk groot uitdagings in die gesig staar,is ‘n feit.Nuwe,vars en kreatiewe denke is ‘n moet vir die toekoms.
    Groetnis.

    • Werner
      Ek dink mens moet maar van naderby na statistiese navorsing gaan kyk. Wêreldwyd is die tradisionele kerke aan die kwyn terwyl pinkster-charismatiese kerk net daarin slaag om hulle getalle te handhaaf. “Holding their own”, noem hulle dit. Verder is groei dikwels maar net ‘n geval van ‘n ander gemeente se lidmate kom sit nou Sondag by my in die kerk. Met ander woorde kerke in Suid-Afrika maak nie indruk op die kerkloos en kerklos nie.

      Tog is getalle in die erediens ‘n goeie aanduiding van wat besig is om te gebeur. En ek dink nogal ons erediensbywoning is veral in hierdie jaar besig om te groei.

      Dalk doen ons tog ook al ‘n paar dingetjies reg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s