Vrydagaand lees ek ‘n inskrywing van John Frye met die titel: From the Sheperd’s Nook: Preaching as Encounter. Een van die dinge wat hy skryf wat my getref het, was: “Preaching, in some traditions, is a sacrament or comparable to a sacrament… What it means is: preaching is more about what God does, than what the preacher and congregation do.” Vir Frye het prediking dus die sakramentele karakter in die sin dat God in en deur die prediking aan die werk is.
Bietjie verder skryf hy: “We preach for corporate encounter with God, believing that encounter will provoke numerous discussions about how we together can live missionally in light of the encounter. Paul suggested even unbelievers and unconvinced will confess an encounter with God (1 Corinthians 14:25) when the church gathers.”
Ongelukig het ons die konflik tussen “attractional vs missional” in die kerk. Onder “attractional” word dan die “kom-na-ons-toe” benadering verstaan en onder “missional die “gaan-na-hulle-toe” benadering. En NIEMAND wil nie “missional” wees nie. Dit sou die doodsonde van alle doodsondes wees.
Sommige het toe “attractional” verstaan as alles wat in ‘n erediens gebeur of alles wat ‘n plaaslike gemeente sou doen om sy eie lidmate geestelik en pastoraal te versorg. Om dan aandag te gee en daarna te streef om dit wat op ‘n Sondag gebeur op so ‘n manier te doen dat God nie net daardeur verheerlik word nie, maar dat God ook deur ons lewens van-daar verheerlik word, sou maklik gesien word as ‘n “na-binne-gerigte” of “attractional” gemeente. Nou is daar baie lidmate in gehoorsaamheid an die Here Jesus by mense in nood betrokke raak, maar hulle nie kerk toe nooi nie.
In sy boek The Shaping of the Things to Come: Innovation and Mission for the 21st Century Church verduidelik Alan Hirsch wat hy met die twee bergippe bedoel.
Met “attractional” bedoel Hirsch dat iemand sy vriende kerk toe of na ‘n kleingroep toe nooi met die gedagte dat die persoon dan deel sal word van daardie geloofsgemeenskap. Die probleem is egter wanneer daar van die mense wat nou deel van die kerk of kleingroep geword het, verwag word om die nuwe “kultuur” aan te neem en sy rug te draai op die “kultuur” waaruit hy kom. Hirsch maak dit duidelik dat hierdie werkswyse baie goed werk wanneer die kultuur waarbinne die kleingroep of die gemeente funksioneer nie baie verskil van die kultuur in die kerk nie.
Hisrsch maak dan die waardevolle opmerking om te sê dat dit nie verkeerd is vir ‘n gemeente om die “attractional” model te volg nie. In Suid Afrika het die meeste Afrikaanse kerke en/of gemeentes nie so ‘n groot kulturele kloof om oor te steek nie. Indien gemeentes dus kan slaag om “attractional” goed te doen, behoort daar ‘n mate van sukses te wees. (Natuurlik behoort dieselfde gemeente deurlopend daarop te fokus om met liefde betrokke te wees by mense in nood nie net in die onmiddelike omgewing nie maar waar ookal.)
Volgens die 2012 sensus het 80% van Suid-Afrikaners aangedui dat hulle Christene is. George Barna het gevind dat 81% Amerikaners aangedui het dat hulle Christene is, maar dat om deel te wees van ‘n geloofsgemeenskap (gemeente/kerk) net vir 21% belangrik is. “Only one out of every five self-identified Christians (21%) believes that spiritual maturity requires a vital connection to a community of faith.”
Met NG lidmate se erediensbywoning tussen 25-30% van lidmate is, bevind ons ons ongeveer in dieselfde bootjie. Die vraag is: Sou “attractional” daarin kon slaag om van die afwesige 75% weer terug te kry in die kerk?
Dit bring my weer by John Frye. Wanneer “attractional” dan goed gedoen word, moet dit lei tot “a corporate encounter with God.” Die erediens moet ‘n geleentheid wees waar God aan die werk is. Mense moet nie erediens toe kom omdat ons daarin slaag om die nuutste “foefies” goed te doen nie. Mense moet kerk toe kom omdat hulle verwag om die lewende God daar te ontmoet. Alhoewel Frye praat van prediking, wil ek dit graag op die hele erediens van toepassing maak.
Die bedoeling van kerk toe gaan is om juis daar in die teenwoordigheid van God bymekaar te kom sodat ons in ons alledaagse lewe as getroue volgelinge van die Here Jesus in die teenwoordigheid van God kan gaan leef.
Attie, Ek en my oorlede vader het baie oor die onderwerp gepraat – hoekom gaan mense kerk toe en sommiges nie? Ons het egter in leke terme gepraat en het nie die voordeel van slim geleerdes wat goete in beke skryf nie.
Ons gevolgtrekking was die volgende en daarmee is my vader en moeder graf toe:
1. Ons (dit geld nie vir alle mense nie) gaan kerk toe om God saam met ander gelowiges te aanbid, te eer, te loof en te prys en om ons offenhande te bring en as ons nog in die loop van die dinge ‘n goeie preek ook hoor is dit ‘n bonus.
2. Ek gaan nie primêre kerk toe om na ‘n goeie preek te luister nie. As my kerktoe gaan sou bestaan om net na ‘n goeie preek te luister, sou ek baie beter doen as om elke Sondag na een of ander CD of DVD van y keurse te luister of te kyk, of selfs na Andries Enslen se dienste op TV te kyk.
3. Ek hou daarvan om vroeg in die kerk te wees, en dan vir ‘n rukkie in stilte te bid en self iets uit die Woord te lees en te dink oor my lewe en hoe ek dit kan verander om vir ander mense tot voordeel te wees. Dit is maar hoe ek voel.
4. Ek het baie keer na ‘n preek geluister wat as ‘n baie goeie preek beskou kan word, maar dan voel dit vir my of die predikant maar net sê wat in in boke gelees het en wat ander mense sê – dit kom nie uit sy of haar hart nie. Aan die ander kant het ek al na preke geluister wat oor die algemeen sa “nie so goed” geskou sal word, maar wat die persoon sê kom uit diem hart en is deel vn die persoon. Dit het ‘n grootter inpak op my as sommige van die “groot teologiese boodskappe” wat ons soms hoor.
5. Om die vraag te probeer antwoord hoekom sommig kerke meer groei as ander is einlik eenvoudig – hulle kry daar wat hulle wil hê.
6. Die ander “probleem” in die kerk is dat sommige predikant nie eienaarskap van sy gemeente neem nie. Daarom het ek ek probleem met die verskillende modelle van kerkwees en is ek maar steeds ‘n aanhander van die pastorale kerk model. Dit is maar my persoonlike mening en miljoene mag maar met my verskil daaroor. Voorbeeld: As ‘n boer ‘n plaas huur en met vakansie gaan en daar breek ‘n brand uit, sal hy sy voorman/ne bel en sê, “doen wat jy/julle kan”, maar as die boer eienaar van die plaas is, sal hy vir sy familie sê, “pak op ons gaan terug om die probleme te hanteer”.
Dink bietjie oor die stukkie wysheid – net miskein het ek dalk iets beet.
Doom… die meeste kere het ek darem een of ander vorm van “encounter” in die erediens. Die mate of intensiteit van my “encounter” word vir my bepaal deur wat op daardie stadium in my eie hart en lewe aan die gang is.
Ek hou van Frye se gedagte dat die prediking (of dan die erediens) ‘n gesprek tot gevolg het waar mens vra: Hoe kan ek meer “missional” wees?
Groete
Johan,ek stem nogal saam met al jou punte wat jy noem,maar veral punt 6 het vir my ‘n belangrike sleutel wat bydra tot Gemeente bou en uitbou.Ek glo maar dat daar met alles in die lewe ‘n balans moet wees en word die balans versteur gaan die Organisasie of Gemeente skeeftrek.Ek dink daar moet in enige Gemeente/Organisasie ‘n wedersydse verhouding tussen die Leierskap en lede wees en tussen lede self en tussen lede en Leierskap.As daar nie ‘n gesonde verhouding wedersyds bestaan nie, is dit ‘n resep vir mislukking.
Ek wil nie terug kyk in die verlede nie,maar baie dinge het in die verlede goed gewerk wat egter laat vaar is.Hoekom krap aan ‘n resep as dit werk.
Ek voel veral dat diegene wat wel op die Kerk se boeke is en nie meer Kerk
toe gaan nie, bearbei moet word deur Leierskap.Daar is deesdae baie lidmate wat op die boeke is en nie meer Kerk toe gaan nie.Van hulle is kwaad vir iets wat se 20 jaar gelede gebeur het.
Om ‘n gebalanseerde verhouding in enige organisasie te bewerkstellig moet
jy in die eerste plek leierskap besit wat die nodige leierskapkapasiteit besit om so ‘n verhouding te bewerkstellig.Tweedens moet sulke leiers,Geestelike
persone wees met ‘n lewende belangstelling in mense en dit wat rondom hulle gebeur.Attie dit is maar my menings.
Groetnis.