HIER IS EK STUUR MY

In sy boek Reversed Thunder maak Eugene Peterson hierdie opmerking:

“We enter heaven not by escaping what we don’t like, but by the sanctification of the place in which God has placed us.” (Eugene Peterson)

Soms klink die goed wat skrywers sê net so ongelooflik mooi, maar mens wonder soms in die praktyk hoe prakties uitvoerbaar is. Om iets te “sancitify” beteken om iets te heilig. Peterson se opmerking beteken dus dat ons die plek waar ons is moet heilig. Mooier gestel: Ek heilig iets wanneer ek iets van God se goedheid daaroor en daarin sigbaar maak.  So nou en dan hoor ‘n mens ‘n storie wat jou laat besef dit is nie so onprakties en onuitvoerbaar nie.

Ek het onlangs te hore gekom van die boek: “29 Gifts: How a Month of Giving can Change Your Life.”Cami Walker is ‘n jong vrou wat nadat sy vir ‘n maand getroud is, hoor dat sy veelvuldige sklerose het. Binne ‘n kort tydjie het sy sig in haar een oog verloor; sy het so swak geword aan die een kant van haar liggaam dat sy nie verder as ‘n paar tree kon loop nie. Oorweldig deur hierdie diagnose onttrek sy en raak sy depressief. Met verloop van tyd verloor sy haar werk en sukkel sy om te verstaan wat besig is om met haar te gebeur.

Na weke se ontrekking in haar eie huis waarin die jong huwelik al hoe meer onder druk kom, bel sy haar vriendin in Suid Afrika, Mbali Creazzo. Nadat Cami vir Mbali van haar probleme vertel het, wag sy woorde van bemoediging.  In plaas van woorde van bemoediging hoor sy egter ‘n uitdaging. Sy hoor hoe Mbali vir haar sê: “Ek dink jy moet ophou om so baie oor jouself te dink. Ek gaan vir jou iets gee wat jou uit hierdie plek waarin jy jouself nou bevind kan help. Ek wil hê jy moet vir 29 dae elke dag ‘n geskenk vir iemand anders gee. Dit hoef nie ‘n materiële geskenk te wees nie, maar kan sommer net ‘n eenvoudige daad van vriendelikheid en liefde wees. Probeer om nie die geskenk te beplan nie, maar laat die gee spontaan gebeur. En hou dag vir dag ‘n dagboek. Hou rekord van hoe en wat jy gee. Genesing vind nie in ‘n vakuum plaas nie, maar deur jou interaksie met ander mense. Deur te gee, fokus jy op wat jy het om aan ander te gee en nooi jy verdere oorvloed in jou lewe in. Gee van enige aard is om ‘n positiewe aksie te neem wat die proses van verandering kan begin. Jou energie sal vir die res van jou lewe geskuif word.”

Dit klink eintlik so eenvoudig. Cami se verhaal bou momentum. Eers baie skepties. Hoe meer sy gee, hoe meer ontdek sy nuutgemaakte vermoëns in haarself.  Met elke geskenk wat sy gee beleef sy ‘n golf van goedgesindheid en ontdek sy met die verloop van tyd die bevryding van haar inperkende siekte. Sy beleef ‘n holistiese genesing. Simptome word minder. Met die verloop van tyd raak sy al hoe meer mobiel en selfs meer, sy beleef nuutgemaakte verhoudings met haarself, ander en met God.

Op ‘n dag besluit sy om verder te loop as wat sy nog ooit geloop het. Tot by die plaaslike winkel. Sy kan nie anders as om baie stadig te loop nie, maar sy slaag tog daarin. Sy besluit om haarself te beloon met bos blomme. In die parkeerarea sien sy ‘n ouerige dame wat sukkel om haar kruideniersware in haar kar te laai. Met ‘n groot sug maak sy die kattebak toe. Cami stap nader terwyl sy ‘n paar van haar blomme uithou. Sy vra: “Wil jy dalk ‘n paar blomme hê?” Die ouer dame dink dat Cami iets aan haar probeer verkoop  en sê onmiddelik nee dankie. Maar Cami dring aan: “Neem dit asseblief, dit is ‘n geskenk vir jou.” Die dame lyk eers verward en dan helder haar gesig op. “Regtig, vir my?” Verras en nou selfs opgewonde neem sy die blomme wat Cami vir haar aanbied. Cami het nog ‘n paar blomme oor en sy gee nog ‘n paar blomme vir ‘n ander dame in die parkeerarea.

Wanneer Cami by die huis kom, sit sy die paar blomme wat sy oor het in blompot op haar tafel. Sy glimlag wanner sy daaraan dink dat iewers in die aand se naderende donker is hierdie ander vrouens, in ander huise. Hulle lewens is die aand mooier en beter en met meer vreugde om Cami haar blomme met hulle gedeel het.

Op hierdie manier het liefde tot uitdrukking gekom in daardie gemeenskap. Op hierdie manier was daar vir daardie dag hemel op aarde. Cami se lewe en die lewe van die twee ander dames is geheilig deurdat sy vanuit haar hart na hulle harte gegee het. ‘n Nimmeriendigende stroom.

Op 5 Maart 2013 is Henry Jane Walker gebore. Cami is sy ma.

Ek is nie 100% seker wat Cami se geloofsoortuiging is nie. Maar dit maak nie saak nie. In Cami sien ek iemand wat deur haar optrede die plek en die omstandighede waarin God haar geplaas het geheilig het. Net soos God in Jesaja 6 vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” SO dinke vra God ook vir my en jou dieselfde vraag. Ek wonder net of ons antwoord dieselfde sal wees as Jesaja sin:

“Hier is ek! Stuur my!”

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

2 responses to “HIER IS EK STUUR MY

  1. Philip

    Pragtige storie Wonderlike boodskap Dankie

  2. Christelle van der Walt

    Ons is almal GOD se “blomme” in SY Koningkryk. Al die soorte kleure en geure. Die dag as HY jou kom “pluk” verander jy ‘n “vlinder”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s