DIT HET ALLES KLAAR GEBEUR

Een van die verassende uitsprake in Openbaring is in Openbaring 21:6. Nadat Johannes die nuwe hemel en die nuwe aarde gesien het, hoor hy die stem van die Here wat sê:

“Kyk, Ek maak alles nuut … Dit het klaar gebeur.” (Openbaring 21:5+6)

Hierdie vers het my lank laat dink. Wat wil die Here in hierdie woorde vir ons sê? Totdat ek aan 2 Korintiërs 5:17 gedink het. Daar staan:

“Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

Ek is ook reeds ‘n nuwe skepping. Baie mense rondom my gaan sekerlik vir my sê: “Wel, indien dit waar is, slaag jy baie goed daarin om dit weg te steek.”😉 Maar, dit maak dit nie minder van ‘n werklikheid nie. Ek is deur die genade van Christus ‘n nuwe skepping wat by sy wederkoms in ‘n oogwink verander gaan word om net soos Hy te wees.

“… ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees.” (1 Johannes 3:2)

Hierdie is tog ‘n geheimenis wat ons nie in hierdie lewe ten volle kan verstaan nie. Soos ek die Bybel verstaan is God oral rondom ons aan die werk. Jesus Christus het belowe dat Hy tot die einde by ons sal bly en op Pinksterdag het God aan ons die Heilige Gees gegee. En hemel beteken nie vir my daar ver nie. Hemel is waar God is. En God is in ons, om ons en dikwels ook deur ons.

God het my reeds nuut gemaak. Ek wag net dat dit vir almal sigbaar gemaak kan word.

Ek dink onwillekeurig aan die gebeure in Nederland die afgelope week. Die koningin het geabdikeer en haar seun is nou koning. Ek wonder hoe lankal weet haar seun dat sy gaan abdikeer en dat hy gaan koning word. En selfs nadat sy dit aangekondig het, moes daar eers sekere dinge gebeur voordat die twee saam op die balkom kon verskyn en hy as die nuwe koning verwelkom kon word.

Ek, en elke ander gelowige is dieselfde manier reeds nuutgemaak. Ons wag net vir die amptelike aankondiging. Die nuwe hemel en die nuwe aarde is reeds in so ‘n mate ‘n werklikheid dat die proses op geen manier gestop kan word nie.

Dit het alles klaar gebeur.

Wonderlike God wat ons aanbid.

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

2 responses to “DIT HET ALLES KLAAR GEBEUR

  1. Johan

    Attie, jou vertolking van Openbaring is net soos ek dit verstaan en ek wens so mense en baie teoloë wil dit ook so sien. Lees ook Openb. 21:2 &3. Die nuwe aarde kom vanuit die hemel af. Die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly.
    Vir my wil dit ook vooorkom asof God na die mense toe kom en waar God is, is die nuwe Jerusalem en die nuwe aarde en die hel is waar God nie is nie. My vraag is dus: Waar is God nie? Waar is die bose / hel / satan? Waar is die poel van vuur?
    Iets daarvan staan in Openb. 22:15. In vers 12 staan daar dat die Here kom na die nuwe stad en die mense wat gereed is sal saam met God in die nuwe stad ingaan en die “sondaars” sal buite bly.
    Gaan die aarde dus vergaan of gaan God dit verander in die nuwe Jerusalem?

  2. Christelle van der Walt

    I KORINTIRS 15

    II KORINTIRS 4

    II KORINTIRS 5: 17 “IEMAND WAT AAN CHRISTUS BEHOORT, IS ‘N NUWE MENS. DIE OUE IS VERBY, DIE NUWE HET GEKOM.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s