SAL GOD MENSE HEL TOE LAAT GAAN?

Ek het geweet die vraag gaan een of ander tyd kom. Die vraag kom toe na aanleiding van Sondag se preek. In Openbaring 21: 8 staan hierdie woorde: 

“Maar die wat bang geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” 

Iemand skryf toe gister vir my per e-pos en vra: 

Ons Vader is die almagtige God van Liefde en genade……waarom sal hy toelaat dat enige siel vir ewig vergaan in die helse vuur? 

Ek moet eerlik sê dat dit ook ‘n onderwerp is waaroor ek nie baie preek nie. My gevoel is dat ek graag wil hê dat mense ‘n keuse vir God moet maak omdat hulle bewus raak van sy groot liefde en genade in Christus Jesus en nie om die hel te ontsnap nie. 

Die mees algemene woord wat in die Nuwe Testament vir hel gebruik word, is gehenna. Gehenna was ‘n plek nie net ‘n idee nie. Gehenna was die rommelhoop buite die suidwestelike hoek van Jerusalem. In sy boek Syrprised by Hope, maak NT Wright hierdie opmerking: 

The point is that when Jesus was warning his hearers about Gehenna, he was not, as a general rule, telling them that unless they repented in this life they would burn in the next one. As with God’s kingdom, so with it’s opposite: it is on earth that things matter, not somewhere else. His message to His contemporaries was stark and (as we would say today) political. Unless they turned back from their hopeless and rebellious dreams of establishing God’s kingdom in their own terms, not least through armed revolt against Rome, then the Roman juggernaut would do what large, greedy, and ruthless empires have always done to smaller countries (not least in the Middle-East) whose resources they covet or whose strategic location they are anxious to guard. Rome would turn Jerusalem into a hideous, stinking extension of its own smouldering rubbish heap. 

Wanneer ons rondom ons kyk, kan ons nie anders as om te sê dat daar tog een of ander vorm van oordeel sal moet wees nie. Met oordeel bedoel ek dan die Goddelike verklaring dat hierdie ding goed en daarom behou moet word en daardie een sleg en daarom veroordeel moet word. God is absoluut daartoe verbind om ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde daar te stel waar alles wat God se goeie en volmaakte skepping verdraai en versteur uit die weg geruim is en op so ‘n manier uit die weg geruim is, dat die geskiedenis nie weer sal herhaal nie. 

Wright sê op ‘n ander plek: 

I find it quite impossible, reading the New Testament on the one hand and the newspaper on the other, to suppose that there will be ultimate condemnation, no final loss, no human beings to whom, as CS Lewis put it, God will eventually say, “Thy will be done. 

Mense wat in hierdie lewe die keuse maak om God nie te aanbid nie en God se koninkryk op hulle eie terme en voorwaardes te vestig, te bou en in stand te hou; wanneer mense hulle hele lewe daartoe verbind om enige iets te aanbid wat nie God is nie, dan hou hulle op om die beeld van God in hierdie wêreld te weerspieël, dan kan hulle tog sekerlik nie anders as om te hoor: “Laat jou wil dan nou geskied.” Volgens NT Wright word diesulkes  

“… after death they become at last, by thier own effective choice, beings that once were human but now are not, creatures that have ceased to bear the divine at all.

Ek kan tog nie anders as om te verstaan dat daar wel ‘n dag van oordeel gaan kom waar die wat dan in hierdie lewe deurlopend en volhardend tot aan die einde gekies om God te verwerp, nie dan skielik die geleentheid sal kry om in God se teenwoordigheid te wees nie, maar eerder die gevolge van hulle aardse keuses in die gesig sal moet staar nie. Daardie gevolge is wat die Nuwe Testament dan met die hel bedoel. 

Ek wonder net altyd of hierdie wete ons nog genoeg motiveer om in hierdie lewe bakens van hoop en liefde en genade te wees, sodat mense na hierdie liefdevolle God aangetrek word. 

23 thoughts on “SAL GOD MENSE HEL TOE LAAT GAAN?

Add yours

  1. Na die afgelope tyd se berigte in die pers oor die twyfel van die bestaan van die duiwel / satan, kan mens seker nie anders as om ook bietjie te dink oor die hel en die poel van vuur wat dalk ook nie werklik is nie, nê.

  2. As GOD mense die hemel beloof, belowe Satan mense die hemel op aarde maar spel dit h-e-l.

    As GOD verlossingswoorde praat, praat Satan versoekingswoorde.

    Ons laaste vyand is die dood. Jesus het die dood oorwin. Ek lees dit vanoggend uit 1 Korinthiërs 15:54-57. Teksvers uit Openbaring 1:17-18 kry ons die versekering.

    Die wêreld word al hoe boser want Satan weet sy tyd loop nou uit. Ons het GOD se beskerming meer nodig as ooit. Ons lees ook in die Bybel dat in die laaste tyd sal Elia weer aan die mense verskyn om duisende se siele tot bekering te bring.

    Dit is so Attie, hoe ook al die pad vorentoe gaan wees kan ons net oor wonder – ons ken maar net ten dele….

      1. Hi Thys, jy is ‘n wakker-akker! Natuurlik man jy is reg hier! Vir weke sit ek en praat met myself en ek moes iets doen om reaksie te kry om die Koffietafel.

  3. Attie,ek wil net ‘n vraag vra rondom die tweede dood,indien jy weet.Sal die genoemdes soos in vers 8 vernietig word of sal hulle tot in ewigheid bewus wees van hulle lot?
    Groetnis.

  4. Hi Werner
    Die antwoord op jou vraag is bietjie langer as net een sin. Ek sal later ‘n meer volledige inskrwying hieroor maak.

  5. Net soos met die Bybel en die gesag daarvan hang hierdie saak ook maar net bloot af van hoe die wind die bepaalde dag waai in die kerk. Wie die dominee is en wie sy of haar dosente was.

    Vir 20 eeue het die kerk mense gevange gehou met vrees vir Satan, die hel en die vagevuur. Satan en die hel het die kerk baie aandag, invloed, geld en prestige gebring. Daar is min dinge so kragtig soos die mensdom se vrese vir dit wat onsself uitdink of dit wat andere uitdink en aan ons verkoop met ‘n “God-het-gese-en-ek-weet-dis-so-want-ek-kan-God-se-kop-lees-want-ek-het-goeie-grade” sousie.

    En al is die hel vandag volgens baie teoloe nie regtig die plek wat die kerk daai 20 eeue verkondig het nie, was die hel ‘n werklikheid vir al daai mense wat die kerk met die gedagte van die hel gevange gehou en emosioneel gemartel het. En niks sal dit ooit verander nie want hulle is nou almal dood.

    1. Barend: Ons almal word maar gevorm deur die mense wie se mening vir ons belangrik is. Jy ook maar. Hoe jy oor hierdie dinge voel is ook maar iets in die lyn van: “Ek-het-dit-vir-myself-uitgedink-al-het-ek-nie-die-grade-nie-en-daarom-is-ek-reg-en-jy-verkeerd.”

      Ek dink die hel is steeds ‘n plek waarvoor ‘n mens maar bietjie skrikkerig moet wees.

      Maar… die hemel is die wonderlikste plek denkbaar en dit si eintlik die boodskap van Openbaring. Dalk is dit waar dat mense onnodig bang gemaak is, maar kan jy dink hoe wonderlik dit moet wees om te ontdek hoe die hemel en die teenwoordigheid van God eintlik is.

      In vandag se tyd glo mense nie in God omdat hulle bang is vir die hel nie. Hulle glo omdat hulle oorweldig is deur sy liefde en genade.

      Geniet jou dag.

  6. Hoe weet jy die hel bestaan regtig Attie? Is dit omdat ‘die Bybel so se’? Jy weet die Bybel se ook die mosterdsaadjie is die kleinste van alle sade en dat die aarde op water dryf en plat is. En die Bybel verkondig ook ons moet gay mense vermoor kinders besny en diere offer en en en.

    In die tyd van Jesus het hulle geglo dat Jesus “neergedaal het na die hel”. Want die hel was ‘n plek onder die aarde. So was dit dan ook verwoord in die oudste van alle belydenisse – Apostoliese geloofsbelydenis. Maar op ‘n dag toe sit al die slim manne daar by die sinode en besef o gatta dit staan nerens in die Bybel dat Jesus ‘neergedaal het na die hel’ nie. En wat meer is, die aarde is mos eintlik rond en nie plat nie en ons persepsie van ‘bo’ en ‘onder’ is eintlik maar relatief tot die manier hoe dit vir ons lyk terwyl ons op aarde staan. Daar is eintlik niks ‘onder’ die aarde nie. Net lee ruimte.

    En so eindig Jesus se 2000 jaar lange ‘neergedaal na die hel’ toe op ‘n mooi dag by ‘n NG sinode en word dit skielik dat Jesus eerder ‘ter helle neergedaal’ het.

    Is jy doodseker dat die hel bestaan Attie?

    Maar hoe ook al, geniet maar jou bangpraatsessies hoor. Ek laat my nie meer bangpraat nie.

    Adios.

    1. Barend: Ek verstaan dit so. Daar sterf jaarliks duisende mense op ons paaie as gevolg van roekelose bestuur. Ek wonder nie elke keer wat ek in my kar klim en iewers heen ry of ek dalk in ‘n ongeluk gaan sterf nie. Wanneer ek van ‘n ongeluk hoor is ek eers jammer vir die mense wat nou die dood van ‘n geliefde moet verwerk en dan is ek tog dankbaar dat dit nie ek was nie.

      Ek weet alle mense gaan nie in die hemel wees, want ja die Bybel leer my so. Ek weet eintlik min van die hel af. Ek is jammer vir die mense wat daar gaan beland, maar ek leef nooit in vrees vir die hel nie. Want anders as ‘n motorongeluk het die Here dit ook vir my moontlik gemaak om te weet dat ek eendag in die hemel gaan wees. Ons kan nie die boodskap van die hel uitsny uit die Bybel uit net omdat dit mense bang maak nie.

      En ja die Bybel is binne ‘n bepaalde konteks geskryf wat maak dat die skrywers sekere dinge geglo (Mosterdsaadjie) het wat intussen bewys is dat dit anders is. Maar, vir my bly die unieke van die Christelike godsdiens dat ek nêrens anders ‘n God van genade met die oplossing vir die probleem van die hel leer ken nie.

      Groete my vriend.

    2. Barend, ek sien jy het jou sweep in vir die NG kerk.Die wereld is wyd en groot en ek glo jy is nie meer in die NG Kerk nie en by ‘n Kerk van jou keuse.Of die hel bestaan of nie,dit weet ek nie,maar een ding kan ek vir jou se,ek bly eerder bangjan en versigtigejan teenoor dit as dooiejan.
      Groetnis.

    3. Barend, ek verstaan jou eintlik nie mooi nie. Jy is kwaad oor die kerk met die boodskap oor die hel mense bang gemaak het en mense toe uit vrees uit vir die Here gekies het en Hom begin dien. Nou is jy ook kwaad omdat die kerk sy (vertaalde) belydenisskrif se wbewoording verander het om die saak oor die hel dalk in ‘n bietjie ander lig ook te sien. Dalk is jy sommer net kwaad.

      Dink net hoe met die arme mense wat Einstein se teorieë al die jare geglo het deesdae voel as sy grootste teorie (relativiteisteorie) bevraagteken word. Kyk maar na http://discovermagazine.com/2012/mar/09-is-einsteins-greatest-work-wrong-didnt-go-far#.UYSv3rVTCSo.

      Indien mens dan jou redenasie konsekwent moet toepas (Jy kan niks glo wat die Bybel sê nie, want die Bybel is verkeerd om te sê die mosterdsaad is die kleinste) dan moet ons ook ophou om enige iets te glo wat Einstein gesê het.

      Jy hoef mos nie bang te wees vir die hel nie. Waaroor is jy bekommerd?

      Groete
      Thys

      1. Moenie vir Barend kwaad word nie. Hy is maar net een van die talle mense, soos ek, wat ook maar bietjie verwar word deur toelogiese uitdprake, soos die mees onlangse van Dr Ben du Toit wat die bestaan van die Satan bevraagtekenen andere or die maagtelike geboorte, liggaamlike opstanding, gay verhoudings, en wie weet wat nog. Ek het maar geleer om te luister en dan maar bietjie daaroor te dink en bietjie self daaroor op te lees- in ander vertalings ook. Die dag gaan nog aanbreek dat lidmate ‘n prediker gaan “volg” ipv van ‘n denominasie, soos die NG Kerk omdat mense wil aanbid, dien en goeddoen. Ons het nie al die verwarring nodig van mense wat dinge ander wil sien nie. Andrie Enslin, Angus Bucun, ens bly by die basiese van die Woord en dasrom hang mense hulle prediking aan. Mense soos Be n du Toit en andere dra niks by tot die saak nie en verwar net baie mense. Glo maar daar is ‘n hel – dit kan geen skade doen nie. Glo maar dat die Here liggaamlik opgestaan het -dit is die wesetlike van die geavgelie. Glo maar dat daar ‘ n duiwel en /of satan is, en noem hom / haar maar wat jy wil. Pas net op dat jy eendag nie ” buite bly” as ons wat maar soos ‘n kind glo die nuwe hemel en nuwe aarde binnegaan nie en “iemand” dalk vir jou sê; kom jy maar hier in, sorry dit is net baie warm hier en noem my sommer maar duiwel / satan/ bose gees / uitgeskopte engel / lucifer / verleier, of my heer. Dit maak nie regtig meer saak nie, jy is op die regte plek omdat jy soveel twyfel op aarde gesaai en en talle mense so verwar het dat hule ophou glo het in God.
        Mense, glo maar gerus aan ‘n ewige hel en ‘n ewige blyplek by God, maak nie saak waar en hoe nie. Ek kies maar eerder km stilswyend te glo wat in die Woord van God staan, al is dit maar soos ‘n kind. Lekker verder twyfel.

        1. Johan – jy is reg, ons moet nie vir Barend kwaad word nie en ek het ook nog nie iemand egsien wat regtig kwaad is nie.

          Ek en thys probeer bietjie sy gesprek verder neem. Ek sien nou in jou skrywe hoe kwaad is jy vir Ben du Toit wat nie in die hel glo nie. Maar, is dit nie presies waaroor Barend kwaad is nie. Hy glo ook nie in die hel nie. EN hy is kwaad omdat die NG Kerk by name dan die boodskap van ‘n hel verkondig het. Tensy ek hom verkeerd lees hier.

          Barend sal nie (volgens jou skrywe nou) Ben du Toit en ander teoloë as verdediging of verweer kan gebruik wanneer hy dan nie toegang tot die hemel kry nie. Barend (en Ben du Toit et al) sal op sy eie geloof moet salig word (of nie). Barend bevraagtekn die geloofwaardigheid van die Bybel op ‘n baie ernstiger vlak as wat Ben du Toit dit doen.

          Maar nou ja, dit is wat ek in sy skrywe lees.

        2. Môre Div, Ek dink en en jy gebruik die word “kwaad” is dalk bietjie verkeerd. Ons moet eerder praat van “teleurstel”. Ek vra dat ons nie teleurgested raak in Barend se kommer en twyfel nie. Uitsprake van sekere teoloë dra by tot die vrae oor die geloofwaadigheid van die Woord an God, en een hiervan is Ben du Toit. Ek is ook nie kwaad vir die stomme man nie, maar teleurgestel hoe die saak weereens hanteer is en hy weggekom het met wat ek dink baie naby dwaalller moet wees. Die ding wat my die meeste teleurstel is dat sy “kaders” hom so beskerm dat daar niks van gekom het nie nie, behalwe dat as sy en andere sy seining oor die hel deur sy onskuldigbevinding bly staan en ek nou talle bladsye uit bybel sal moet skeur.
          Uitsprake soos die dra glad nie by tot die uitbouing an die koningkryk van God nie,, maar eerder tot die bevraagtekening van die geloofwaardigheid van die Bybel en doit is waarmee ons hier te make het.
          Ek hou baie van Attie se benadring oor die nuwe hemel en die nuwe aarde, al stem ek nie altyd met hom oor ander dinge saam nie.
          Miskien het die td aangebreek dat ons teruggaan na wat in die Woord staan en maar weer soos ‘n kind in die Here glo en onthou da daar geskrywe staam dat niemand iest uit die Woord moet wegneem of byvoeg nie. Die hele Woord is deur God gegee en kom dat ons dit maar so verstaan. Ons het darem elkeen ‘n gesonde verstand te kry om vra te vra, maar as mense die Bybel wetenskaplik wil begin vertolk, sien ek rooi. As daar in my bybel staan”die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verskeur…..” beteken dit net een din vir my: Die duiwel bestaan en kan verskillende vorms aannneem, seld soos die van ‘ n slang, leeu, gevalle engel (iewers staan daar ‘n mooi engel), hoekom nou twyfel saai?
          Ons moet altyd gaan kyk wanneer is die gedeel te geskry en vir wie e waarom en dit dan op vandag vir ons hier in Pretoria ook van toepassing maak.

          Ek sê weer dat mense soos Barend verwar word deur uitsprake van teoloë en dit maak my hartseer e ek wens ek as onkundige kan net vir hom sê: Vergeet wat mesne sê, glo net in God en glo maar wat in die Bybel staan, al verstaan ons dit nie altyd nie. Soe3k net die boodskap daarin en jy sal sien dit gaan alles oor 1: liefde vir God en 2. liefde vir jou naaste. – in opsomming oor verhoudings verlikaal en horisonaal en al die onsinning uitsprake deur sogename kenners sal jou nie verwar nie.

          Nog net een opmerking oor iest wat Barend gesê het oor die onder en bo van die aarde: Onthou net altyd dat die Bybel op ‘n spesifike tyd in die geskiedenis vir sekere mense geskryf is. As die skrywer destyds gepraat het an ‘n ronde aarde. sou niemand dit verstaan het nie. Ons weet nou dat die aarde nie plat is nie, hoewel sommige dit steeds nie glo nie, verander dit absoluut niks aan die boodskap van die Bybel nie.
          As daar destyd geskryf was oof F1 vliegtuie, duikbote, helikopters en atoombomme, sou geen mens dit verstaan het nie. daarom die (dalk) vewysing na sprinkane met vuur in hulle sterte, vuur uit die hemel, draak uit die see, ens. Vandag ken ons beter, maar die boodskap van destyds en die boodskap van vandag bly steeds dieselfde.
          My hartsbegeerte is dat ons terug sal keer na die Woord van God soos dit vir ons opgeteken staan en nie begin twyfel saai oor die bestaan van die Satan en die hel nie. Mense soos Ben du Toit en andere in die verlede doen meer skade as wat hulle bydra tot die uitbreiding van die Koningkryk van God en waaroor ek baie teleurgestel is, is dat hulle toegelaat word om daarmee weg te kom.
          As ons begin twyfel aan die geloofwaardigheid van die Woord van God, soos wat ek lees in Div se inskrywing is die skade wat aangerig is dalk reeds baie groter as wat ons dink.
          Groete en lekker dag.

  7. Ja, ek is lid van die NG kerk en ek sal altyd bly. Daar is daardie uitdrukking, rather the devil you know than the devil you don’t.

    As jy dink ek is ‘hard’ op die NG kerk, wag tot ek met Baptiste begin. Selfs fundamentele ateiste irriteer my.

    Ek dink my bostaande kommentaar sit my punt goed uiteen. Die antieke mense het ‘n bepaalde kosmologie gehad. Dit is intussen verkeerd bewys. Ek wil graag tog net oor Ben du Toit se, ek dink hy is ‘n dapper man. Een wat die waarheid praat.

    Dit is duidelik dat die hel, net soos die idee van die mostertsaad, behoort tot ‘n antieke manier van dink. Die NG kerk se self in sy beleidstukke dat die Bybel nie ‘n wetenskaplike dokument is nie, tog gaan ons al te graag selektief om met dit wat ons glo waar is. Ons besluit. Dis niks anders as besluit nie.

    Soos wat sommige mense hier se ek moet versigtig wees om sommer net te twyfel, so is ek versigtig om sommer net als te glo. Ek is genoeg voor gelieg met ‘n Bybel onder die arm en ek leef lank genoeg om te weet die kerk is eintlik niks anders as ‘n magspel soos meeste instellings nie.

    Ek sukkel boonop om te verstaan hoe my eie ‘geloof’ in die hel al dan nie my lot sal bepaal. Ek meen, is dit dan God wat mense reg of is dit ons ‘geloof’?

  8. Wel, Barend maak ‘n baie goeie punt hier. Hy vra eintlik: Is dit nodig om te glo dat daar ‘n hel is ten einde gered te kan word/wees? Ek sal graag bietjie reaksie hierop wil hê.

    Andersins, Barend verskil ek en jy oor of daar ‘n hel is al dan nie. Maar jy maak dit nie maklik om met jou in gesprek te tree indien jy woorde soos “lieg” gebruik nie. Wat jy eintlik doen is om aan die mense wat van jou verskil te doen wat jy voel mense nog altyd aan jou gedoen het. Op grond van die inligting tot jou beskikking is jy daarvan oortuig dat daar nie ‘n hel is nie. Almal wat van jou verskil kan nie mense wees wat vir jou gelieg het of lieg nie. Is dit nie wat fundamentalisme eintlik is nie?

  9. Met die inligting tot my beskikking het ek geen idee of daar ‘n hel is of nie. In die afwesigheid van enige bewyse is my eerste reaksie om skepties te wees. Die Bybel dien vir my as geen bewys dat die ‘hel’ werklik bestaan nie. Die NG kerk se eie sinodale stukke maak dit duidelik die Bybel geen wetenskaplike handboek is nie. Sommige mense in die Bybelse tye het skynbaar wel in iets soos die hel geglo. Andere, spesifiek die skrywers van die Tora, het geglo ‘sheol’ is ‘n plek waarheen almal gaan, nie net die ‘slegtes’ nie.

    Die vertalers van die Bybel het egter nie gehuiwer om die woord ‘sheol’ met ‘hel’ te vertaal om by hulle eie spesifieke teologie te pas nie.

    Dit is hoe dit maar gaan. Mense pas en las maar nog altyd soos hulle wil. Ek kan geen bewys vind vir die ‘hel’ nie en ek beskou dit as my Christelike plig as ek mense nie waarsku teen hierdie dwaalleer nie.

    Ek wonder steeds presies waar is hierdie ‘hel’ waarin my Christen broers en susters en hermafrodiete glo. Is dit ‘onder’ die aarde? Is dit ‘in’ die aarde? Of is dit dalk meer in mense se koppe as wat dit werklik bestaan?

    En ja, baie predikante jok. Daar is tot al ‘n boek oor hierdie saak geskryf:

    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Predikante-bieg-oor-twyfel-20111022

    Die hel bestaan nie. Net soos apartheid nie God se wil is soos dominee gese het nie. Net soos gays nie vermoor moet word nie. Net soos nie almal wat hul stoepe vee hekse is wat verbrand moet word nie. Net soos die aarde nie plat is nie. Net soos die mostertdaadjie nie die kleinste is nie, ag, en so aan.

    1. Barend; Dit lyk vir my regtig of jy ‘n byltjie te slyp het met die NG Kerk en sy dominees en eintlik enige iemand wat met jou gaan verskil. Jy sê hier bo: “As jy dink ek is ‘hard’ op die NG kerk, wag tot ek met Baptiste begin. Selfs fundamentele ateiste irriteer my.” Barend, almal wat van jou verskil is nie leuenaars nie. Jy is nie oor alles reg nie. Daar is ongelukkig nie die eksakte antwoorde waarna jy op soek is nie. Want die enigste antwoord lyk dit vir my waarmee jy tevrede gaan wees, is: “Jy is reg Barend en ek is verkeerd en ek is ‘n leuenaar en ek het eintlik nog die hele tyd gevoel soos jy voel en dan sal jy my ook ‘n leuenaar kan noem.”

      So ek gaan dit nou maar weer sê: Op grond van die oorweldigende getuienis van die Bybel sal die mense wat nie in Jesus glo nie, die tweede dood sterf. Hierdie tweede dood is wat dan as die hel (gehenna – Grieks; sheol – Hebreeus) bekryf word. Oor hoe die hel gaan wees en of dit wel ‘n poel van vuur of swael gaan wees, weet ek nie. Ek dink nie so nie. Ek weet ook nie waar dit sal wees nie. Die mense wat egter dwarsdeur hulle lewe gekies het om die getuienis aangaande die verlossingswerk van Jesus Christus verwerp het, sal nie in die Nuwe Jerusalem wees nie.

      Adios.

  10. Barend, in my onkunde kan ek jou maar net sê dat die hel die beste beskryf kan word as “waar God nie is nie”. Vir my maak dit dus nie saak waar die hel is en hoe dit daar lyk nie – waar God nie is nie wil ek nie wees nie. Dit sal hel wees in sy volle gewaad en ksn selfs op aarde wees. Vir my gaan dit nie soseer oor hemel of hel nie, maar oor met of sonder God en ek kies laasgenoemde dan hoef ek nie te worrie oor die hel nie.

  11. Annalize
    Wel die hel bestaan en die hemel bestaan verseker dit weet ek maar God vra van ons om n’ verhouding met Hom op te bou en ek dink regtig nie dat dit God se wil is dat ons moet hel toe gaan nie God red ons want Hy wil nie he enige van Sy kinders moet verlore gaan nie dis ons as mens wat daai besluite neem God gee vir ons keuses en besluite ons moet net reg kies saam met God.Ons aanbid n’ wonderlike God wat ons liefhet en net die beste vir ons wil he.
    Groete.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: