HY KEN MY EN HY HOU MY IN SY HAND

Die primêre teks vir die week is Openbaring 7:9-17. Die ander tekste wat ons lees sluit aan daarby en neem die gedagtes en die metafore van Openbaring verder.

Vanoggend lees ek Johannes 10:23-32

22 Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. 23Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop. 24 Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.”

25 Jesus antwoord hulle toe: “Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. 26 Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie. 27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 30 Ek en die Vader is een.”
 31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, 32 maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?”

Ek mediteer vanoggend na aanleiding van die B.O.S.V.A.R.K.I.E. metode.

Watter BELOFTE is daar in hierdie gedeelte?  Lees voort “HY KEN MY EN HY HOU MY IN SY HAND”

Blog at WordPress.com.

Up ↑