Dominees gaan ook deur tye wat hulle gebedslewe in ‘n groef beland. Wanneer dit met my gebeur, dan val ek gewoonlik so gou as moontlik terug op ‘n patroon wat vir my werk. Ignatius van Loyola is die stigter van die Jesuïtiese Orde, die nuwe Pous is ook ‘n Jesuït. Die eerste volgelinge van Ignatius van Loyola het die probleem ontwikkel dat hulle nie dikwels deur die dag tyd gekry het om te bid nie. Ignatius van Loyola het toe ‘n praktyk aanbeveel wat hy THE DAILY EXAMEN genoem het. THE DAILY EXAMEN was dan ‘n gebed wat aan die einde van die gebid is. THE DAILY EXAMEN is een van my “terugval” gebedstyd wanneer ek voel dit is nodig.
(Ek gebruik dit met groot gemak in die oggende ook, met ‘n paar aanpassings.)
Die DAAGLIKSE ONDERSOEK kom op die volgende neer:
1. KRY ‘N STIL PLEKKIE
Kry ‘n plek waar jou telefoon of die internet, TV, familie, of werk jou nie sal pla nie. Om jou te help om jou gedagtes te fokus kan jy begin deur jou oë toe te maak en aan ‘n stil plek te dink. Dalk is dit vir jou ‘n plekkie by die see of ‘n plek in die wildtuin in die natuur of in jou tuin. Jou liggaamshouding behoort gemaklik te wees, maar tog nie te gemaklik wat kan maak dat jy dalk aan die slaap raak nie. As jy op jou gemak is met so iets, steek gerus ‘n kers aan en sit die lig af, laat die lig van die kersvlam toe om vir jou ‘n simbool te wees van die teenwoordigheid van die Here. Maak jou oë toe en dink daaraan dat jy in die teenwoordigheid van God is.
2. DINK AAN ‘N OOMBLIK VAN DANKBAARHEID
Kan jy aan een oomblik, gebeure of belewenis dink wat deur die loop van die dag plaasgevind het waarvoor jy dankbaar is. Soms is daar meer as een geleentheid. Sê vir elkeen dankie. Bv.: “Dankie Here dat ek veilig terug is by die huis.” Fokus op een van die dag se dinge waarvoor jy dalk die meeste dankbaar is. Herroep hoe jy op daardie oomblik gevoel het. Neem kennis van daardie emosies en wees net dankbaar vir die emosies wat jy kon beleef terwyl jy weet dat alles goeie gawes uit God se hand kom.
3. VRA VIR VRYHEID
Hierdie vryheid is ‘n belangrike deel van ons lewens. Hierdie is nie die vryheid om te doen wat ek wil nie. Dit gaan meer oor vrymaak, losmaak. Vra die Here om jou vry te maak van die dinge wat jou vashou, jou aandag van Hom aftrek en jou oordeel beïnvloed. Bid dat die Heilige Gees jou sal vry maak van daardie dinge sodat jy die lewe kan sien soos dit regtig is en nie soos jy dit graag wil hê of selfs hoe jy met jou eie vooroordeel dink dit behoort te wees indien dit volmaak sou wees nie. Moenie te haastig hieroor gaan nie. Vra: “Here, help my om die situasie te sien soos U dit sien.”
Byvoorbeeld: Ek is dalk in ‘n onaangenaamheid met iemand betrokke en ek dink dalk dat die persoon my doelbewus tenagekom of seergemaak het. Wanneer ek meer intens na die gebeure kyk, kom ek dalk agter dat ek ook dinge gesê en gedoen het wat die persoon tenagekom of seergemaak het wat veroorsaak het dat hy/sy reageer soos hulle reageer het. Hierdie manier van kyk na die situasie regverdig of verontskuldig nie die persoon nie, maar beklemtoon net my rol in die verhouding.
4. BELEEF WEER JOU DAG
Probeer om die gebeure van jou dag weer te beleef soos wanneer jy na ‘n rolprent kyk. Wat het gebeur toe jy opgestaan het, toe jy geëet het, of toe jy oppad werk toe was, terwyl jy by die werk was? Wie het jy raak geloop? Let op jou gevoelens – positief en negatief – dwarsdeur die dag en dink na oor die oomblikke wat vir jou van betekenis was. Hierdie is die oomblikke of gebeure waaroor God graag vir jou meer wil vertel. Fokus op hierdie gebeure en probeer daaroor nadink.
5. PRAAT MET GOD
Sê vir die Here enige iets wat jy op die hart het of wat nou prominent in jou gedagtes is. Dalk is jy dankbaar vir iets wat jou versterk of bemoedig het. Dalk wil jy om vergifnis vra vir ‘n geleentheid toe jy nie aan verwagtinge voldoen het nie. Dalk het jy God se raad hulp en ondersteuning nodig vir ‘n spesifieke saak. Wat dit ookal is, hierdie is die tyd om in die Here se teenwoordigheid te wees, die Here wat in elk geval reeds jou diepste nood en behoeftes ken en verstaan. Ons gebede is bedoel om ons te verander, nie vir God nie. Hierdie is die geleentheid om te sien wie en wat God graag wil hê dat ek moes wees.
6. SLUIT DIE GEBED AF
Sluit jou gebedstyd af met die Ons Vader gebed of enige ander gebed waarvan jy hou.
Dalk kan dit jou help.
Ek moet erken ekself ondersoek my ook as daar fout is. Jy keer terug tot die kern van jou menswees. Ek het nou weer opnuut belewe toe ons in die kamp gebly het in tente, jy lewe mos baie nader aan die natuur en aan GOD. Dit is soos medisyne vir jou siel. Die dinge wat ons so as vanselfsprekend aanvaar het GOD vir ons verniet gegee. Dit is die dinge wat eintlik saak maak in ons lewe, is dit nie so nie?
Annalize Van Wyk
Ek wil baie graag getuig vir wat God in my lewe doen hoe Hy my lewe verander het almal moet weet ek weet net nie hoe en waar om te begin nie
ek weet ek is nou op die verkeerde onderwerp in maar miskien kan iemand my raad gee.
Beste Annalize.
Ek was ‘n alkoholis vir ‘n tydperk van 18 jaar. In 2003 het die medici die moontlikheid van longkanker gediagnoseer en ‘n dringende longoperasie het gevolg. My vroutjie en 12jarige dogter het vir ‘n paar jaar gebid dat ons Vader, my van die verslawing moet genees. Ek was bewus daarvan dat hulle en gemeente lede vir my gebid het. Op ‘n stadium het ek self begin bid, sonder dat hulle daarvan bewus was. Ek wou graag ‘n seun he, en het vir die Here gese, dat as Hy vir my ‘n seun sou gee, ek die drank sou los.
Drie dae na die operasie, besoek die dokter my en vra of iemand vir my gebid het. Ek was verbaas oor sy vraag maar het nietemin, hom vertel wie vir my gebid het. Hy deel my toe mee, dat hulle ‘n gedeelte van my long weggestuur het vir toetse en dat geen kanker waargeneem kon word nie. Daardie nag word ek klokhelder wakker en kom tot die besef, dat ek vir vier dae geen alkohol gebruik het nie. My vreugde het geen perke geken nie, EN na 21 jaar, het ek nooit weer lus geword vir drank, tot vandag toe nie. Geen mediese behandeling of berading het ek ooit daarvoor ontvang nie. God doen nooit iets half nie. Na twee wonderwerke het ek die derde een belewe. ‘n Paar maande na my operasie word my vrou swanger op die ouderdom van 43 jaar en ek was 45. God het my eers verlos van drank en ‘n bankrot geestelike lewe, en toe gee Hy my ‘n seun. Vandag is
ek 63jaar oud. Neem asseblief die vrymoedigheid en begin getuig! Talle mense het tot bekering gekom a.g.v getuienisse. Bid dat ons Vader jou deur Sy Gees sal lei wanneer en hoe en teenoor wie jy, moet getuig. Daar is net een antwoord: “Begin, en jy sal groot vreugde ervaar.”
Johan,
Ek lees nou jou stuk hier en wil net Amen op jou getuienis van hoe God jou verlos het van jou drank probleem en jou gebed verhoor het met n seun wat jy gevra het.
N mens bid nooit verniet, smeek nooit verniet….in alle omstandighede is God daar. Ek het vanoggend n pad gery waar ek die vorige dag vir die eerste keer gery het, en kon die pad nie so lekker onthou vandag, ek mos mense met die werk se vragmoter optel (43 mense ) op n seker tyd. Na ek verdwaal het in alle rigtings in het ek terug gegaan na die punt waar ek begin verdwaal het, net daar het ek gebid en God gevra om my die pad te wys. Ek het voor 3 paaie gestaan, watterkant toe nou….na ek gebid het, het iets, ek glo die Heilige Gees vir my gesê, draai regs, vat die pad regs. So het ek ook gedoen, om die eerste draai het ek n man gesien wat n plek oppas…..ek het hom gesê ek het verdwaal en hom gesê waarheen ek oppad was. Hy het toe vir my gesê, ek gaan nou vandiens af, ek gaan wys jou gou die pad. Hier is drie boodskappe wat ek hier wil uit lig. God VERHOOR gebede,WYS ons ook die regte paaie, en LY/VAT ons tot by die regte pad.
En ja, getuienise help ander mense……ek glo ek gaan een vandie dae weer hier getuienis kom gee oor my vrou wat swanger geraak het op 41 jaar vir die 1ste keer.
Vriendelkike Groete,
C
Jy moet daardie getuienis gee broeder. As dit moontlik is stuur jou e-pos adres na my asb, jcgreen@vodamail.co.za Wil graag so ‘n bietjie raad vra oor die blog storie. Gisteraand in my stiltetyd hierdie heerlike gedeelte in die Woord geniet. Johannes 14:23Jesus antwoord hom en se: ” As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhe, en ONS sal na hom toe kom en by hom WINING maak.
Ekskuus Chris, die rekenaar het nou lelik gespring en die spelling het swak uitgekom. Moet lees Jesus, en woning.
Annalize,ek kan vir jou ‘n paar riglyne gee hoe ek dit sou gedoen het nl,
1) Skryf jou ondervinding eers neer soos in ‘n verhaal.
2)Haal dan vir jou sleutel woorde uit en skryf hulle neer.
3)Memoriseer indien jy wil of hou hulle in volgorde soos jou ondervinding verloop het.
As ‘n mens die sleutelwoorde voor jou het is dit gewoonlik maklik om hulle in te kleur.Begin eers deur dit bv aan ‘n goeie vriendin oor te vertel en later kan jy dit aan meer mense vertel.As jy so voel kan jy dit dalk later aan julle gemeente oorvertel.Uit jou ondervinding sal jy mense ook leer.
Groetnis.
Baie dankie hiervoor! Ekself ervaar n geestelike honger en dors na meer van Jesus! Ek sukkel egter met kwaliteit tyd om stil te word! En tyd is nie werklik die probleem nie .. Dis net asof daar te veel ander goed is wat eers gedoen MOET word! Maar hierdie gee my moed … Ek gaan dit beslis volg!
Annalize Van wyk
Hi Werner baie dankie jy help my baie.
Groete.