Ek lees vanoggend 1 Korintiërs 15:19-26. Ons is nog steeds in die week nadat ons die opstanding van Christus gevier het. Dit is so gepas dat ons ook in ons tekste aan die saak aandag gee. Die metode wat ek vanoggend gebruik is die SÊ DIT! metode. Hierdie metode werk gewoonlik met enkel verse met teologiese of leer-inhoud. Ek lees dus die gedeelte op soek na die een vers wat my aanspreek.
Vers 19:
As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
Volgens die metode plaas ek nou elke keer die klem op ‘n ander woord en dink na oor die betekenis daarvan.
AS…
In hierdie sin wil “as” vir ons laat verstaan “indien dit die geval is dat”. Lees voort “NIE NET VIR HIERDIE LEWE NIE”