Vanoggend lees ek Psalm 118: 2-4 en 14-24. Die meditasie metode waarvan ek vanoggend gebruik maak is die MAAK DIT PERSOONLIK! metode.
Ek is weereens verbaas om te sien hoe die mense wat die tekste vir die Leesrooster uitwerk moeite doen. Sondag het ons die opstanding van die Here Jesus gevier en Psalm 118 jubel so mooi daaroor. Psalm 118 kan maklik ‘n pre-opstaningslied word wat deur ‘n post-opstandingsgelowige gesing word.
14 Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!
15 Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars: “Die Here doen kragtige dade,16 die Here triomfeer, die Here doen kragtige dade!”17 Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.18 Die Here het my swaar gekasty, maar my nie aan die dood oorgegee nie.19 Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.20 Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.21 Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het.22 Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.23 Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!24 Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
Die gedagte met die MAAK DIT PERSOONLIK! metode is om die teks te lees asof dit op jouself van toepassing is. Lees voort “DIE HERE IS MY KRAG EN MY BESKERMING”