STROME IN DIE DORSLAND

Psalm 126 is ‘n pelgrimslied. ‘n Lied wat gesings is terwyl ‘n mens op reis was.

‘n Pelgrimslied.

 Toe die Here die lot van Sion verander het,
was dit vir ons soos ‘n droom.
2 Ons het gelag en gesing.
Onder die nasies het hulle gesê:
“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3 Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;
ons was bly.
4 Verander tog ook nou ons lot, Here,
soos U droë spruite in die Suidland
in waterstrome verander.
5 Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,
hy kom juigend terug
terwyl hy sy gerwe dra.

Ons mediteer oor Psalm 126 met behulp van die ONDERSOEK DIT ! (B.O.S.V.A.R.K.I.E.) metode.

Is hier ‘n BELOFTE om toe te eien?  Lees voort “STROME IN DIE DORSLAND”

EK DOEN IETS NUUTS

Jesaja 43:16-21 het die wonderlike profesie van Jesaja waarin die Here belowe om ‘n nuwe ding te doen. Hierdie vers staan uit as die nuwe ding wat die Here gaan doen:

“Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.” (Jes 43:19)

SIEN DIT!

Ek probeer myself in die “prentjie” indink. Ek sien in my geestesoog hoe ek in die woestyn ronddwaal. Ek het geen idee in watter rigting om te beweeg nie en ek is dors. Die grootste gevaar in ‘n woestyn is dat ‘n mens sterf as gevolg van dors. Lees voort “EK DOEN IETS NUUTS”

‘N NUWE SKEPPING

My bedoeling is om in die tyd wat kom nog steeds van die verskillende meditasietegnieke te gebruik om met skrifgedeeltes om te gaan. Volgens die LEESROOSTER lees ons hierdie week 2 Kor 5:16-21.

16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Teologies is hierdie ‘n ongelooflike ryk gedeelte. Met die eerste lees van hierdie gedeelte tref vers 17 my: “Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” Aangesien hierdie vers vir my so baie beteken, gaan ek dit vanoggend hanteer aan die hand van die SOM DIT OP! metode.

LEES DIE GEDEELTE ‘N PAAR KEER DEUR

Ek lees die gedeelte in ‘n paar ander vertalings om die betekenis van die teks beter te verstaan.

1933/53 VERTALING

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Hierdie is die vertaling waarmee ek my geestelike tande geslyp het. Lees voort “‘N NUWE SKEPPING”

U LEI MY OP MY PAD (DAG 40)

Wel, ons het aan die einde van ons 40 Dae in die Woord veldtog gekom. My gebed is eerstens dat elkeen wat saam met ons op hierdie reis was die ses tegnieke in hulle stiltetyd sal bly toepas. Ek gaan in elk geval hier op die koffietafel bly skryf en die tegnieke toepas in my meditasies by skrifgedeeltes wat aansluit by die teks wat gemeentes dwarsoor die wêreld lees, The Revised Common Lectionary. Tweedens hoop ek dat julle sal aanhou om te kom kuier. Ek skryf dikwels ook oor ander goed. So gaan ek byvoorbeeld in die nabye toekoms oor die vier geestelike tipes iets skryf.

Maar, kom ons kyk na ons laaste meditasie. Ons is steeds by Psalm 1.

SKRYF JOU NAAM IN DIE PLEK VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE EN VOORNAAMWOORDE EN HERSKRYF DIE PSALM ASOF ASOF GOD DIT DIREK AAN JOU GERIG HET

1Dit gaan goed met my, Attie,

wanneer ek  nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wanneer ek, Attie  in die woord van die Here my vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Dan is ek, Attie  soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie. Lees voort “U LEI MY OP MY PAD (DAG 40)”

REGTE VRUGTE IN DIE REGTE SEISOEN (DAG 39)

Vanoggend lees ek Psalm 1 ‘n paar keer deur en dan probeer ek dit in my eie woorde weergee.

Die hele Psalm is bietjie lank om op hierdie manier te lees, so ek lees net een vers. Die vers wat op hierdie manier gaan lees is vers 3:

DIE 1983 VERTALING

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.”

Die Psalm 1 mens, of dan die persoon wat in die regte verhouding met God leef (regverdige – vers 6) word vergelyk met ‘n boom wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nooit verlep nie. Lees voort “REGTE VRUGTE IN DIE REGTE SEISOEN (DAG 39)”

‘N REGVERDIGE DISSIPEL (DAG 38)

1Dit gaan goed met die mens

wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4So is die goddeloses nie.
Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
5Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie ‘n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6Waarlik,
die Here lei die regverdiges op hulle pad,
maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
Die teksgedeelte wat ons die laaste paar dae lees, is Psalm 1. Ons lees dieselfde gedeelte en dan gebruik ons elke dag van die week ‘n ander een van die tegnieke wat ons in hierdie 40 Dae aangeleer het, om oor die teks na te dink of te mediteer. Lees voort “‘N REGVERDIGE DISSIPEL (DAG 38)”

SOOS ‘N BOOM BY WATERSTROME (DAG 37)

Die bome in ons tuin is meestal bladwisselend. Reg voor ons kamer is ‘n groot boom (Ek het nou al twee keer sy naam gehoor, maar vergeet dit elke keer). In die somer is die boom se blare so dig dat jy met tye onder hom kan staan as dit reën en jy sal nie nat reën nie. Regtig ‘n mooi boom. In die winter gooi hy elke liewe blaartjie af en staan hy daar kurkdroog. Elke keer as ek na hom kyk dan wonder ek of hy nie dalk hierdie jaar heeltemal verdroog het nie.

Die boom in ons tuin laat my na aanleiding van hierdie week se Psalm dink aan die seisoen in my geestelike lewe. Soms is dit somer en die boom is welig, mooi om na te kyk en ‘n te ken van groei. Ander kere is dit winter. Dood. Mens wonder of daar ooit weer iets daaruit kan groei.

In Psalm 1 word die persoon wat sy vreugde in die woord van die Here vind en dit dag en nag oordink, vergelyk met ‘n boom.

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.” (Psalm 1:3)

Vandag se oefening is om van die SIEN DIT! metode gebruik te maak en hierdie prentjie te sien. Ek sien in my geestoog ‘n boom wat tussen waterstrome staan. Ek sien die boom soos mens dit soms in flieks ook sien. Ek sien hoe seisoene binne ‘n paar minute kom en gaan. Lees voort “SOOS ‘N BOOM BY WATERSTROME (DAG 37)”

DIT GAAN GOED MET DIE MENS WAT… (DAG 36)

Ons is in die laaste paar dae van ons 40 Dae in die Woord Veldtog. Vir my persoonlik was dit wonderlik om op hierdie verskillende maniere met die Woord om te gaan. Ek is opgewonde oor die gedagte dat my stiltetyd nie weer in ‘n groef hoef te beland nie. Ek voel ek het ses verskillende metodes baasgeraak waarmee ek die Bybel in my stiltetyd kan hanteer.

Hierdie laaste week kyk ons na Psalm 1 en ons gaan elke keer ‘n ander metode gebruik om die Psalm te lees.

KIES ‘N VERS UIT PSALM 1. LEES DIE VERS ‘N PAAR KEER, STOP NA ELKE WOORD EN SKRYF JOU GEDAGTES NEER. 

Die vers wat kies is verse 1 en 2:

“Dit gaan goed met die mens wat… in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.” (Psalm 1:1-2)

Ek gaan nie na elke woord stop nie, maar na elke frase.

DIT GAAN GOED…

My eerste reaksie is om die ooglopende betekenis te ignoreer. Dat dit regtig sommer net goed sal gaan. Ek sien die Amplifed Bible het hier BLESSED (HAPPY, fortunate, prosperous and enviable). Lees voort “DIT GAAN GOED MET DIE MENS WAT… (DAG 36)”

GOD SAL IN JULLE BEHOEFTES VOORSIEN (DAG 35)

Ek was vir twee dae by ‘n werksessie van ‘n taakspan van die Noordelike Sinode. As gevolg daarvan kon ek nie gister-oggend (Dag 34) se meditasie doen nie. Vandag se vers het die wonderlikste belofte in.

“My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” (Filippense 4:19)

As ek die vers persoonlik maak lees dit as volg:

“My God sal in elke behoefte van my, Attie, voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”

Elke behoefte… Lees voort “GOD SAL IN JULLE BEHOEFTES VOORSIEN (DAG 35)”

DIE VREDE VAN GOD IN JOU ( DAG 33)

Vandag se vers is weereens ‘n baie bekende vers. Ek begin al amper dink dat elke vers in Filippense ‘n “bekende” vers is.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagte die wag hou in Christus Jesus.” (Filippense 4:6-7)

Is hierdie nie net eenvoudig van die wonderlikste beloftes wat ‘n mens kan lees nie. As ek dit nou persoonlik moet maak, lyk dit vir my die vers gaan iets soos die volgende lyk:  Lees voort “DIE VREDE VAN GOD IN JOU ( DAG 33)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑