Wanneer ons nadink oor hierdie dag waarop Jesus in die graf was, kan ons veral na ons GELOOFSBELYDENIS kyk om iets meer daarvan te verstaan. Twee artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis het hierop betrekking, Jesus is begrawe en Jesus het ter helle neergedaal.
JESUS IS BEGRAWE
Calvyn het in die “begrawe” wees van Jesus die oorwinning oor die dood gesien. Jesus het in die graf ingegaan en daar in die graf het Jesus die dood aangedurf en die dood doodgemaak. Hierdie is die dag van Jesus se stryd met die dood. Nou is die graf nie meer die gelowige se laaste rusplek nie. Die graf is ‘n plek van wag en verwagting. Die dood is nou ‘n deurgang na die lewe.
Volgens Romeine 6 kan ons ook ons doop aan Jesus se begrawe-wees koppel. Deur die doop is die ou mens saam met Christus begrawe. Die oue is verby. Die nuwe het gkom. Die skuld is afgewas. Asof Jesus my self in die dood kom ontmoet het en my met die doop deur die dood heen gelei het – ander kant uit.
Op hierdie dag moet ons onthou dat alhoewel die regverdiging van die sondaar vir Jesus van kardinale belang was, is daar iets wat dalk net so belangrik, indien nie belangriker nie, was. Dit is die heiliging van die verloste mens se hele lewe.
Daarvoor was Jesus op hierdie in die graf.
TER HELLE NEERGEDAAL
Met die artikel oor Jesus wat ter helle neergedaal het, sluit ons as gelowiges die gedeelte oor Jesus se lyding in ons geloofsbelydenis af. In hierdie woorde hoor ons weer hoe erg Jesus se lyding werklik was. Jesus het al die angs en die verwerping van die hel ervaar toe Hy gely het, gekruisig is en gesterf het. Jesus was volledig uit hierdie samelewing uitgewerp. Hy is volledig tot skande gemaak.
Maartin Luther en sy volgelinge het egter in die neerdaling ter helle nie die laaste stap van vernedering gesien nie, maar die eerste stap van verhoging. Jesus ons Verlosser en Middelaar is opgewasse teen die hel en die helse magte. Jesus het die magte van die hel aangedurf en alles omver gegooi.
Mens sou kon sê: Op hierdie dag het Jesus die hel aangedurf, ‘n staatsgreep uitgevoer en die magte van die hel ontwapen.
Mens kan dit so stel Ds. Attie, jy is reg. – Dit is net GOD wat mag het oor die hel.
As mens so daarna kyk moet ons “bekers” eintlik oorloop van dankbaarheid want JESUS CHRISTUS ons ADVOKAAT het vir ons ingetree, HY het ‘n baie duur prys betaal sodat ons vir ewig en altyd vry sal wees van die helse-vuur.
SY liefde is oneindig.