Ek lees vanoogend Lukas 19:28-40 wat handel oor Jesus se intog in Jerusalem. Wanneer ek die teks die eerste keer vanoggend lees, tref dit my dat die dissipels hulle klere uittrek en voor Jesus op die pad oopsprei (Sien vers 36). Hulle het waarskynlik ook alte goed geweet watter profesië op daardie oomblik in vervulling gaan. Hier is die teksgedeelte:
28 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe. 29 Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag: 30 “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar ‘n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 31 En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”
32 Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het. 33 Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?”34 Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”35 Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim. 36Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.37Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. 38 Hulle het gesing:“Loof die Koning,Hy wat in die Naam van die Here kom!Vrede in die hemelen eer aan God in die hoogste hemel!”39 ‘n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”40 Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”
Die metode wat ons vanoggend gebruik is die BID DIT! metode. Hierdie is ‘n verhalende gedeelte, so die SIEN DIT! metode sou beter gewerk het. Ek gaan die twee probeer kombineer. Lees voort “DIE KLIPPE SAL DIT UITROEP”