THE ART OF CURATING WORSHIP (1)

Ek lees Mark Pierson se boek The Art of Curating Worship: Reshaping the Role of Worship Leader. Mark Pierson het op ‘n stadium HIER ge-blog.  Pierson is vir 15 jaar lank wat hy noem ‘n “worship curator” in Nieu Zeeland. Hy doen wat hy doen en hy skryf vanuit ‘n post-moderne ongeinstitusionaliseerde kerk.

Die belangrikste ding wat ek in gedagte moes hou terwyl ek die boek lees, is juis bogenoemde. Wat Pierson beskryf as die rol van die kerk, is in enige NG Gemeente waarskynlik slegs die rol van die erediens-bediening of werkgroep. Daarmee probeer ek nie sê dat sy boek nie belangrik is nie. Inteendeel, ek dink eerlikwaar dit is ‘n boek wat elke persoon wat een of ander rol op ‘n Sondag speel, behoort te lees. Ten minste dink ek elke dominee, orrelis, musiekleier/- koördineerder, voorsitter van erediensbediening/-werkgroep behoort te lees. 

‘n Ernstige punt van kritiek teen Pierson sou wees dat hy te min van musiek maak. Hy erken self in die boek dat hy nie daarvan hou om te sing nie en derhalwe speel musiek ook nie ‘n groot rol in die eredienste waarin hy ‘n inset lewer nie. Daarmee saam moet ek sê dat ek meer van musiek in die erediens maak as die deursnee NG gemeente. Dit is dus moontlik dat ander NG dominees hulle heel op hulle gemak sou vind met Pierson se effens minimalistiese aanslag op musiek in die erediens.

Hy noem homself ‘n “worship curator”. Hy ontleen die term “kurator” dan by die kunswêreld en spesifiek die rol van die kurator van ‘n kunsmuseum. Hy skryf:

Today a curator may do anything from dealing with staff, to running the publicity for an exhibition, to writing explanatory notes for gallery installations. It is somewhere in the midst of that spectrum that I situate the  role of a worship leader.

The curator of an art installation is responsible for the selection and design of that installation.

In die lig hiervan is die aanbiddings-kurator nie net verantwoordelik vir die sang in die erediens nie, maar vir alles wat in en om die erediens gebeur. Vandat die persoon uit sy motor klim by die kerk totdat hy weer in sy motor klim om huistoe te gaan. Want dit alles vorm deel van die erediensganger se belewenis van die aanbidding op ‘n Sondag.

Het jy gedagtes hieroor?

3 thoughts on “THE ART OF CURATING WORSHIP (1)

Add yours

  1. Attie,jou eerste sin van jou laaste paragraaf dink ek,bepaal in ‘n groot mate hoe ‘n erediensganger ‘n spesifieke erediens sal ervaar.Party mense sal ‘n ervaring tydens die preek kry,terwyl ander weer deur die sang ‘n ervaring kry.
    Ek dink tog dat daar altyd gestreef moet word na ‘n balans voor tydens en na die erediens.Die preek is tog die grootste deel van die erediens.Tensy ‘n
    sangdiens dink ek,dat daar ‘n balans moet wees tussen die preek en die sang.Party mense sal dink die ds het nie voorberei nie,as daar te veel sang is.Ek het al in ‘n erediens opgemerk dat sommige mense weer vaak word as die preek te lank is.Een van my lektore het jare gelede vir ons as studente meegedeel dat ‘n spreker binne 15-20 minute sy toespraak moet lewer
    anders verloor die gehoor belangstelling.Ek dink balans is waarna gestreef moet word.
    Groetnis.

  2. Oe, al wat ek kan sê is Ds. Attie ek wens jy kon vir ons elke Sondag kom preek het, of kon ek nie maar eerder in jou gemeente gewees het nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: