AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE NIE

Die Groot Lydensweek. Die week voor Paasfees, voordat ons die lyding, sterwe, begrafnis en opstaning van Jesus gedenk. Ek maak altyd ‘n punt daarvan om in hierdie week besig te bly met die aanloop na Jesus se kruisiging. Aan die een kant berei ek voor vir Sondag-oggend se heerlike preek oor Jesus se opstanding en aan die ander kant berei ek voor vir Vrydag-oggend se Nagmaal en die Stasies van die Kruis waarby ons as gemeente Donderdag gaan stilstaan. Met ander woorde, ek beleef gemengde gevoelens.

Totdat ek tyd maak om stil te staan by die teks vir vanoggend. Psalm 118:1-2 en 19-29.

1 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

2 Israel moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

19 Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.

20 Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.
21 Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het.
22 Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
23 Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!
24 Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
25 Red tog, Here, gee tog voorspoed, Here!
26 Prys hom wat in die Naam van die Here kom!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
27 Die Here is God; Hy skenk ons die lewe.
Begin die fees! Wuif met takke!
Gaan tot by die horings van die altaar.
28 U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.
29 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.

‘n Mooi Psalm, ideaal vir hierdie week. Sondag was Palm-Sondag. Juis die dag waarop ons Jesus se intog in Jerusalem in gevier het. “Begin die fees! Wuif met takke!” Net ‘n paar dae later sou dieselfde skare roep: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!

Die metode waarmee ons hierdie gedeelte lees is die SOM DIT OP METODE! Verse 1 en 2 is basies ‘n oproep om te getuig en te vertel van die magtige dade van die Here. Ek gaan probeer om op verse 19-29 te fokus. Ek probeer verse uithaal om die gedeelte korter te maak, maar waardevolle stof gaan verlore.

Ek gebruik weer een of twee ander vertalings:

THE MESSAGE spreek my vanoggend aan:

17-20 I didn’t die. I lived! And now I’m telling the world what God did.God tested me, he pushed me hard, but he didn’t hand me over to Death. Swing wide the city gates—the righteous gates! I’ll walk right through and thank God! This Temple Gate belongs to God, so the victors can enter and praise.

21-25 Thank you for responding to me; you’ve truly become my salvation! The stone the masons discarded as flawed is now the capstone! This is God’s work. We rub our eyes—we can hardly believe it! This is the very day God acted— let’s celebrate and be festive! Salvation now, God. Salvation now! Oh yes, God—a free and full life!
26-29 Blessed are you who enter in God’s name— from God’s house we bless you! God is God, he has bathed us in light. Festoon the shrine with garlands, hang colored banners above the altar! You’re my God, and I thank you. O my God, I lift high your praise. Thank God—he’s so good. His love never quits!

Een van die basiese en eerste vrae wat ‘n mens by Bybelinterpretasie moet vra, is wat het die teks vir die eerste lesers beteken. Die doel is dan om te voorkom dat ons die Bybel oor-vergeestelik en met behulp van ‘n ‘n klomp inleg-tegnieke die Bybel laat buikspreek om iets te sê wat dit gewoonlik nie sê nie.

Vir my is dit duidelik dat die skrywer beleef het dat die Here hom op een of ander wyse laat leef het toe hy eintlik moes gesterf het. (Kyk na vers 17) Maar, hierdie was ook nie ‘n eenmalige ingrype van die Here se kant af nie. Sy hele lewe getuig van die wonderlike dinge wat die Here gedoen het.

Verse 1-9 maak twee belangrike stellings wat mens moet raaksien. Die skrywer het gebid en die Here het sy gebed verhoor en hy het dit beleef dat hy veilig by die Here kan skuil. Met ander woorde, hy het die Here se nabyheid in sy persoonlike lewe beleef.

Verse 10-12 vertel van die nabyheid en beskerming van die Here op nasionale vlak toe die Here hom (en sy volk) teen ander nasies beskerm het. Hy kon hulle aanvalle afslaan, sê hy by herhaling.

Verse 13-18 vertel van sy persoonlike vyande. In sy persoonlike lewe is die Here sy krag en sy beskerming.

Verse 19-29 is dan hierdie skrywer se loflied op die Here se ingrype in sy lewe. Hy is oppad tempel toe om die Here te loof.

Maar, mens kan nie die ooreenkomste met Jesus se intog in Jerusalem ignoreer nie. In Johannes 12:13 staan:

“Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”

Die woorde van vers 26 in hierdie Psalm.  Ons kan ook nie anders as om raak te sien dat Johannes en die ander dissipels eers na Jesus se verheerliking verstaan het dat die woorde ook op Jesus betrekking gehad het. (Johannes 12:16) Ons kan dus maar gerus die Psalm met Jesus se lyding in sy laaste week in verband bring.

HOE SÊ EK DIT IN MY EIE WOORDE? 

Ek gaan probeer:

Loof die Here, want Hy verhoor my gebede en beskerm my land teen die nasies en bewaar my van my vyande. Gee my kans om in die gemeente te vertel van die wonderlike dinge wat die Here gedoen het. Ek wil vertel hoe die Een wat deur almal verstoot en verwerp is, nou die belangrikste steen in die gebou is. Kom almal wat my kan hoor, kom ons wees bly. Hierdie is die dag wat die Here gemaak het. Kom laat ons bly wees daarin en daaroor. Sy liefde ken net eenvoudig geen einde nie.

WAT BETEKEN DIT IN DIE PRAKTYK?

Terwyl ek my gedagtes hier neerpen, dink ek ek onophoudelik aan Jesus se intog in Jerusalem. Ek identifiseer nie met die skare wat hom die eendag loof en die ander dag wil kruisig nie. Ek identifiseer met die dissipels wat nie altyd alles verstaan terwyl dit besig is om te gebeur nie. Ek identifiseer met dissipels wat met meer vrae as antwoorde sit. Maar, ek wil juis in my dissipel wees nie wegvlug omdat ek nie alles verstaan nie. Ek wil terugkyk op my lewensvehraal en sien hoe my verhaal en God se verhaal inmekaar vleg. Ek wil sy oneindige liefdeshand in my lewe ontdek en ek wil die toekoms daarop bou.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

GEBED

Here, aan U liefde is daar geen einde nie.

Amen

One thought on “AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE NIE

Add yours

  1. Absoluut waar, ek wil ook saam met jou bevestig Ds. Attie – SY liefde raak my hart, my siel en my verstand.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: