Ek lees Mark Pierson se boek The Art of Curating Worship: Reshaping the Role of Worship Leader. Mark Pierson het op ‘n stadium HIER ge-blog. Pierson is vir 15 jaar lank wat hy noem ‘n “worship curator” in Nieu Zeeland. Hy doen wat hy doen en hy skryf vanuit ‘n post-moderne ongeinstitusionaliseerde kerk.
Die belangrikste ding wat ek in gedagte moes hou terwyl ek die boek lees, is juis bogenoemde. Wat Pierson beskryf as die rol van die kerk, is in enige NG Gemeente waarskynlik slegs die rol van die erediens-bediening of werkgroep. Daarmee probeer ek nie sê dat sy boek nie belangrik is nie. Inteendeel, ek dink eerlikwaar dit is ‘n boek wat elke persoon wat een of ander rol op ‘n Sondag speel, behoort te lees. Ten minste dink ek elke dominee, orrelis, musiekleier/- koördineerder, voorsitter van erediensbediening/-werkgroep behoort te lees.
‘n Ernstige punt van kritiek teen Pierson sou wees dat hy te min van musiek maak. Lees voort “THE ART OF CURATING WORSHIP (1)”