My bedoeling is om in die tyd wat kom nog steeds van die verskillende meditasietegnieke te gebruik om met skrifgedeeltes om te gaan. Volgens die LEESROOSTER lees ons hierdie week 2 Kor 5:16-21.
16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Teologies is hierdie ‘n ongelooflike ryk gedeelte. Met die eerste lees van hierdie gedeelte tref vers 17 my: “Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” Aangesien hierdie vers vir my so baie beteken, gaan ek dit vanoggend hanteer aan die hand van die SOM DIT OP! metode.
LEES DIE GEDEELTE ‘N PAAR KEER DEUR
Ek lees die gedeelte in ‘n paar ander vertalings om die betekenis van die teks beter te verstaan.
1933/53 VERTALING
Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Hierdie is die vertaling waarmee ek my geestelike tande geslyp het. Lees voort “‘N NUWE SKEPPING”